JESAJA 7:25
JESAJA 7:25 Bybel vir almal (ABA)
Al die berge sal vol dorings en bossies wees, die berge waar die mense voorheen geplant en gesaai het. Die mense sal bang wees om daar te kom. Dit sal 'n plek wees waar die mense hulle beeste injaag en waar die skape en bokke alles plat trap.”
JESAJA 7:25 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En al die berge wat met die pik bewerk is — daar sal hulle uit vrees vir dorings en distels nie kom nie; maar dit sal dien om die beeste in te jaag en om deur die kleinvee vertrap te word.
JESAJA 7:25 Afrikaans 1983 (AFR83)
Uit vrees vir die dorings en dissels sal niemand meer êrens op die heuwels kan kom wat voorheen met 'n pik bewerk is nie. Dit sal net 'n plek wees waar 'n mens beeste injaag en wat deur kleinvee vertrap word.”
JESAJA 7:25 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Al die heuwels wat met 'n ploegskaar bewerk is – jy sal daar nie ingaan nie, uit vrees vir die doringstruike en onkruid. Dit sal dien as weiplek vir beeste en as 'n plek wat vertrap word deur kleinvee.”
JESAJA 7:25 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En op al die heuwels wat met die stok gegrawe sal word, sal daar geen vrees vir distels en dorings kom nie, maar dit sal wees vir die uitstuur van beeste en vir die trap van minder vee.