JESAJA 64:5-7
JESAJA 64:5-7 Bybel vir almal (ABA)
U help graag die mense wat doen wat reg is, en wat bly is daaroor, die mense wat onthou hoe U wil hê hulle moet lewe. Maar U het kwaad geword toe ons sonde gedoen het. Sal U ons weer red? Ons almal het soos onrein mense geword, alles wat ons reg probeer doen, is nog soos vuil klere. Ons almal is soos blare wat droog is en verlep het en ons sondes is soos 'n wind wat ons wegwaai. Niemand het U aanbid nie, niemand het probeer om vas te hou aan U nie. Daarom het U weggekyk van ons, U het ons laat wegsmelt omdat ons sonde gedoen het.
JESAJA 64:5-7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
U kom hom tegemoet wat met vreugde geregtigheid beoefen, hulle wat aan U dink op u weë. Kyk, Ú was toornig, en ons het gesondig; in dié toestand was ons baie lank, en — sal ons verlos word? En ons het almal geword soos 'n onreine, en al ons geregtighede soos 'n besoedelde kleed; en ons het almal verdor soos blare, en ons ongeregtighede het ons weggevoer soos die wind. En daar was niemand wat u Naam aangeroep het, wat hom beywer het om U aan te kleef nie; want U het u aangesig vir ons verberg en laat ons wegsmelt deur ons ongeregtighede.
JESAJA 64:5-7 Afrikaans 1983 (AFR83)
U kom dié te hulp wat met blydskap doen wat reg is, dié wat onthou hoe U wil hê hulle moet lewe. U was kwaad vir ons, want ons het gesondig. Ons het so lank daarmee aangehou, hoe kan ons dan nog gered word? Ons het almal geword soos mense wat onrein is, ons beste dade is soos vuil klere; ons is almal soos verdroogde blare, ons word deur ons sondes weggewaai soos deur 'n wind. Daar is niemand wat tot U om hulp roep nie, niemand wat sy krag in U soek nie. U het ons aan onsself oorgelaat, U laat ons wegkwyn deur ons sondes.
JESAJA 64:5-7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
U kom elkeen tegemoet wat met vreugde doen wat reg is, wat op u paaie aan U bly dink. Kyk, U was toornig, en ons het gesondig. Ons het lank in sonde verkeer – sal ons verlos word? Ons almal het geword soos iets wat onrein is, soos 'n besoedelde kledingstuk is al ons geregtighede. Ons almal het verwelk soos blare, en soos die wind het ons sondeskuld ons weggedra. Daar is niemand wat u Naam aanroep of homself wakker skud om aan U vas te hou nie; want U het u gesig vir ons verberg, ons oorgelewer aan die greep van ons sondeskuld.
JESAJA 64:5-7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
U ontmoet hom wat bly is en geregtigheid doen, die wat aan u dink in u weë; kyk, u is toornig; want ons het gesondig; daarin is volharding, en ons sal gered word. Maar ons is almal soos 'n onrein ding, en al ons geregtigheid soos vuil lappe; en ons almal vervaag soos 'n blaar; en ons ongeregtighede het ons weggeneem soos die wind. En daar is niemand wat u Naam aanroep, wat hom opgewek om U aan te gryp nie, want U het u aangesig vir ons verberg en ons verteer weens ons ongeregtighede.
JESAJA 64:5-7 Die Boodskap (DB)
U wil graag te doen kry met hulle wat met vreugde reg leef en in gedagte hou hoe U wil hê dat hulle moet leef. Maar U is kwaad vir ons, want ons het sonde gedoen. Ons doen dit nog van altyd af. Kan ons nog ooit gered word? Ons het almal geword soos ’n ding wat niemand meer wil hê nie. Alles wat ons gedink het reg is, is maar soos vuil klere. Ons almal is soos blare wat van die boom afval en saam met die wind weggewaai word. Nie een van ons het tot U gebid of U gevra om ons te help nie. U het daarom van ons padgegee en ons aan ons eie oortredings oorgelaat.
JESAJA 64:5-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
U help mense wat met blydskap doen wat U beveel, wat u weë onthou. Maar ons het aangehou om verkeerd te doen. U was kwaad vir ons. Hoe kan ons ooit gered word? Voor U het ons almal geword soos iemand wat onrein is. Ons beste dade is soos vuil klere, soos verskrompelde blare. Deur ons sondes waai die wind ons weg. Niemand roep na U om hulp nie, niemand soek sy sterkte in U nie. U het u gesig vir ons verberg, U laat ons vergaan onder die las van ons sondes.