JESAJA 64:1-4
JESAJA 64:1-4 Bybel vir almal (ABA)
U moet die hemel oopskeur en afkom, sodat die berge voor U bewe. U moet kom soos 'n vuur wat hout aan die brand steek, 'n vuur wat water laat kook. Dan sal u vyande u Naam ken en die volke sal voor U bewe. Lank gelede het U wonderwerke gedoen, ons het nie gedink U sal dit doen nie. U het afgekom, en die berge het gebewe. Ons het nooit voorheen van so iets gehoor nie, niemand het 'n ander god gesien wat hierdie dinge doen vir die mense wat in hom glo nie.
JESAJA 64:1-4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
AG, as U maar die hemele wou skeur, wou neerdaal, dat die berge wankel voor u aangesig — soos vuur die houtjies aan die brand steek, vuur die water laat opborrel — om u Naam aan u teëstanders bekend te maak, sodat nasies voor u aangesig kan bewe wanneer U vreeslike dinge doen waar ons nie op gehoop het nie — as U maar wou neerdaal, sodat die berge wankel voor u aangesig! Van ouds af tog het niemand dit gehoor of verneem nie, geen oog het 'n God gesien wat werksaam is vir wie op Hom wag nie, behalwe U.
JESAJA 64:1-4 Afrikaans 1983 (AFR83)
As U maar die hemel wou oopskeur en wou afkom sodat die berge voor U skud! Kom af soos 'n vuur wat fynhoutjies laat brand, soos 'n vuur wat water laat kook. Laat u Naam só aan u vyande bekend word, laat die nasies só voor U bewe. Toe U wonders gedoen het, wonders wat ons nie verwag het nie, toe U destyds afgekom het, het die berge voor U geskud. Van ouds af het niemand so iets gehoor nie, het niemand so iets verneem nie, het geen oog 'n god gesien wat vir dié wat op hom vertrou, doen wat U doen nie.
JESAJA 64:1-4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
As U maar die hemel wou oopskeur en afdaal – die berge sal bewe van u teenwoordigheid. Soos vuur struikgewas laat opvlam, soos water deur vuur tot kookpunt kom, so sal die nasies bewe vanweë u teenwoordigheid, wanneer U u Naam bekend maak aan u teenstanders. Toe U ontsagwekkende dade gedoen het wat ons nie verwag het nie, het U afgedaal; vanweë u teenwoordigheid het die berge gebewe. Van die vroegste tye af het niemand dit gehoor nie, daarvan verneem nie, het geen oog 'n god gesien nie, buiten U, wat optree vir dié wat op Hom wag.
JESAJA 64:1-4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ag, as U die hemele sou skeur, dat U wou neerdaal, dat die berge voor u aangesig kan afvloei, Soos wanneer die smeltende vuur brand, laat die vuur die water kook, om u Naam aan u teëstanders bekend te maak, sodat die nasies voor u aangesig kan bewe! Toe jy verskriklike dinge gedoen het waarna ons nie uitgesien het nie, het jy neergedaal, die berge het voor jou aangesig afgestroom. Want van die begin van die wêreld af het die mense nie gehoor of deur die oor gewaar en ook nie die oog gesien nie, o God, buiten U, wat Hy berei het vir hom wat op Hom wag.
JESAJA 64:1-4 Die Boodskap (DB)
As U tog maar net die lug wou oopskeur en van bo af hiernatoe wou afkom! Die berge sal dan voor U skud en bewe soos wanneer vuur hout aan die brand steek en dit die water laat kook. U vyande sal dan van U kennis neem. Die volke sal van bangheid vir U bewe. U sal vreeslike dinge doen wat ons nie verwag het nie. U sal afkom en die berge sal skud. Niemand het nog ooit van ’n god gehoor of een gesien wat soos U dinge laat gebeur vir hulle wat op Hom vertrou nie.
JESAJA 64:1-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
As U maar die hemel wou laat oopskeur en afkom! Hoe sal die berge nie bewe in u teenwoordigheid nie! Kom soos ’n vuur wat hout laat brand en water laat kook, kom tog en maak Uself bekend aan u vyande. Dan sal die nasies voor U bewe! Toe U lank gelede afgekom het, het U ontsagwekkende dinge gedoen, wat ons nie verwag het nie, en die berge het voor U gebewe. Vandat die wêreld gemaak is, het geen oor gehoor of oog ’n God gesien soos U, wat doen wat U doen vir dié wat op U vertrou nie.