JESAJA 62:11
JESAJA 62:11 Bybel vir almal (ABA)
Die Here praat nou met al die mense op die aarde. Hy sê hulle moet vir Sion sê: “Kyk, jou Redder kom, en Hy bring sy volk saam met Hom, hulle is die mense wat aan Hom behoort.”
JESAJA 62:11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Kyk, die HERE laat dit hoor tot by die einde van die aarde: Sê aan die dogter van Sion: Kyk, jou heil kom; kyk, sy loon is by Hom en sy beloning is voor sy aangesig.
JESAJA 62:11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Here kondig dwarsoor die wêreld aan: “Sê vir Sion: Hy wat jou red, kom! Sy volk wat Hy Syne gemaak het, is by Hom, dié wat aan Hom behoort, loop voor Hom uit.”
JESAJA 62:11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Kyk, die HERE laat dit hoor tot by die einde van die aarde: “Sê vir die dogter van Sion, ‘Kyk, jou verlossing kom! Kyk, sy vergoeding is by Hom, sy beloning is voor Hom. ’ ”
JESAJA 62:11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Kyk, die HERE het tot aan die einde van die wêreld verkondig: Sê vir die dogter van Sion: Kyk, jou heil kom; kyk, sy loon is by hom, en sy werk voor hom.