JESAJA 53:6
JESAJA 53:6 Bybel vir almal (ABA)
Ons almal het soos skape en bokke rondgeloop, elkeen het geloop waar hy wou loop. Ons almal het verkeerd gedoen, maar die Here het daardie man gestraf.
JESAJA 53:6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ons almal het gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop; maar die HERE het die ongeregtigheid van ons almal op Hom laat neerkom.
JESAJA 53:6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ons het almal gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop, maar die Here het ons almal se sonde op hom laat afkom.
JESAJA 53:6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ons almal het soos kleinvee gedwaal, elkeen van ons het sy eie koers ingeslaan; maar die HERE het ons almal se sondeskuld op hom laat neerkom.
JESAJA 53:6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Al ons soos skape het gedwaal; ons het elkeen sy eie pad gedraai; en die HERE het die ongeregtigheid van ons almal op Hom laat neerkom.
JESAJA 53:6 Die Boodskap (DB)
Ons almal was soos skape wat verdwaal het. Elkeen het sy eie koers gekies. Maar die Here het al ons sonde op hom laat neerkom.