JESAJA 53:11
JESAJA 53:11 Bybel vir almal (ABA)
Die Here sê: “My dienaar het baie swaar gekry, maar hy sal lewe en tevrede wees dat hy My ken. My dienaar is nie skuldig nie, hy is regverdig, en hy sal belangrike mense regverdig maak, want hy sal die straf kry vir alles wat hulle verkeerd gedoen het.
JESAJA 53:11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Weens die moeitevolle lyde van sy siel sal Hy dit sien en versadig word; deur sy kennis sal my Kneg, die Regverdige, baie regverdig maak; en Hý sal hulle skuld dra.
JESAJA 53:11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ná sy bitter lyding sal hy weer die lig sien en hy sal die Here ken. My dienaar, die regverdige, sal baie mense regverdig maak: hy sal die straf vir hulle sonde dra.
JESAJA 53:11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ná die swaarkry wat hy beleef het, sal hy sien; hy sal versadig wees aan sy kennis. “My dienskneg sal hom as 'n regverdige betoon aan baie, en hulle sondeskuld – hy sal dit op hom laai.
JESAJA 53:11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hy sal die moeitevolle arbeid van sy siel sien en versadig word; deur sy kennis sal my regverdige kneg baie regverdig maak; want Hy sal hulle ongeregtighede dra.