JESAJA 51:6
JESAJA 51:6 Bybel vir almal (ABA)
Kyk na die lug daarbo en na die aarde hier onder. Die lug sal verdwyn soos rook, die aarde sal word soos ou klere, en die mense op die aarde sal sterf soos muggies. Maar Ek sal julle red, julle sal altyd Myne wees. Ek sal nooit ophou om reg te doen nie.
JESAJA 51:6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Slaan julle oë op na die hemel en aanskou die aarde daaronder; want die hemel sal soos rook verdwyn en die aarde soos 'n kleed verslyt en sy bewoners soos muskiete sterwe; maar my heil sal vir ewig bestaan en my geregtigheid nie verbreek word nie.
JESAJA 51:6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Kyk op na die hemel, kyk na die aarde hier onder: die hemel sal soos rook verdwyn, die aarde sal word soos ou klere, en almal wat daarop woon, sal doodgaan soos muggies, maar die verlossing wat Ek bewerk, sal vir altyd wees, die redding wat Ek bring, sal altyd bly.
JESAJA 51:6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Kyk op na die hemel, bekyk die aarde daaronder, want die hemel – soos rook sal dit uitmekaar dryf, en die aarde – soos 'n kleed sal dit verslyt. Wie daarop woon – soos muggies sal hulle sterf. My verlossing duur vir altyd, en my geregtigheid sal nie verbreek word nie.
JESAJA 51:6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Slaan julle oë op na die hemel en kyk na die aarde daaronder, want die hemel sal verdwyn soos rook, en die aarde sal verouder soos 'n kleed, en die wat daarin woon, sal net so sterwe; maar my heil sal wees vir ewig, en my geregtigheid sal nie tot niet gemaak word nie.
JESAJA 51:6 Die Boodskap (DB)
Kyk op in die lug. Kyk af na die grond. Die lug sal soos rook verdwyn. Die aarde sal word soos ou klere wat uitmekaarskeur. Dié wat op die aarde woon, sal doodgaan soos muskiete. Die bevryding wat Ek bring, sal vir altyd hou. My redding het geen einde nie.
JESAJA 51:6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Kyk op in die lug bokant julle, kyk af na die aarde hieronder. Die lug sal verdwyn soos rook en die aarde sal vergaan soos klere. Die mense op die aarde sal doodgaan soos vlieë, maar die redding wat Ek bring, sal wees vir altyd. My regspraak sal vir altyd duur.