JESAJA 51:5
JESAJA 51:5 Bybel vir almal (ABA)
Dit is nou die tyd wanneer Ek wil doen wat reg is, Ek wil julle nou red. Ek regeer oor al die volke. Die mense in die lande langs die see wag ook dat Ek oor hulle moet regeer.
JESAJA 51:5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
My oorwinning is naby, my heil trek uit en my arms sal die volke oordeel; op My sal die eilande wag, en op my arm sal hulle hoop.
JESAJA 51:5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die redding wat Ek bring, kom baie gou, die verlossing wat Ek bewerk, is op pad, Ek self regeer oor die nasies. Die eilande wag op My, hulle wag dat Ek My laat geld.
JESAJA 51:5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
bring Ek my geregtigheid nader. My verlossing is op pad; my arms sal reg verskaf aan die volke. Op My wag die eilande, op my arm is hulle hoop gevestig.
JESAJA 51:5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
My geregtigheid is naby; my heil het uitgegaan, en my arms sal die volk oordeel; die eilande sal op My wag, en op my arm sal hulle vertrou.