JESAJA 51:16
JESAJA 51:16 Bybel vir almal (ABA)
Ek het my woorde in jou mond gesit en Ek het jou toegemaak in die skaduwee van my hand. Ek het die hemeldak gemaak en Ek het die aarde op sy plek gesit. Ek het vir die mense van Sion gesê: Julle is my volk.”
JESAJA 51:16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Ek het my woorde in jou mond gelê en in die skaduwee van my hand jou verberg; om die hemel te plant en die aarde te grond en aan Sion te sê: My volk is jy!
JESAJA 51:16 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek het vir jou gesê wat jy moet sê, en jou beskerm in die skaduwee van my hand, want Ek het die hemel oopgespan en die aarde se fondamente gelê en vir Sion gesê: Jy is my volk.
JESAJA 51:16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Ek gee my woorde in jou mond; met die skadu van my hand bedek Ek jou, om so die hemel oop te span en die aarde te grondves, en om vir Sion te sê, ‘Jy is my volk.’ ”
JESAJA 51:16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Ek het my woorde in jou mond gelê, en Ek het jou bedek in die skaduwee van my hand, dat Ek die hemele kan plant en die fondamente van die aarde kan lê en vir Sion kan sê: Jy is my volk.