JESAJA 50:7-9
JESAJA 50:7-9 Bybel vir almal (ABA)
Ja, die Here help my, daarom kon die mense my nie verneder nie. Die Here help my, daarom het ek my gesig hard gemaak soos klip. Ek weet hulle sal my nie verneder nie. Die Here sal wys dat ek reg is en dat Hy naby my is. Wie wil my hof toe vat? Kom ons gaan saam daarnatoe. Wie wil my beskuldig? Hy moet kom en dit doen. Julle moet dit weet, die Here help my. Wie is dit wat wil sê ek is skuldig? Dit sal sleg gaan met al my vyande. Hulle sal word soos klere wanneer motte dit vreet.
JESAJA 50:7-9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar die Here HERE help My; daarom kom Ek nie in die skande nie; daarom het Ek my aangesig gemaak soos 'n keisteen, en Ek weet dat Ek nie beskaamd sal staan nie. Hy is naby wat My reg verskaf. Wie wil met My 'n regsaak begin? — laat ons saam optree! Wie is my teëparty? — laat hom nader kom na My toe! Kyk, die Here HERE help My: wie is dit wat My kan veroordeel? Kyk, hulle sal almal verslyt soos 'n kleed; die mot sal hulle eet.
JESAJA 50:7-9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Here my God help my, ek sal nie teleurgestel staan nie; ek sal my nie ontstel nie, ek weet ek sal nie in verleentheid kom nie. Hy wat my onskuldig sal verklaar, is naby; wie wil 'n aanklag teen my inbring? Laat ons elkeen sy saak stel. Wie wil my aankla? Laat hom vorentoe kom. Die Here my God help my; wie sal my dan skuldig verklaar? Dit is verby met almal wat my beskuldig, soos met 'n lap wat deur motte gevreet word.
JESAJA 50:7-9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dit is my Heer, die HERE, wat my te hulp kom; daarom voel ek nie verneder nie; daarom het ek my gesig soos vuurklip gemaak. Ek het geweet dat ek nie beskaamd sou staan nie. Hy wat my reg handhaaf, is naby. Wie sal teen my 'n regstryd voer? Laat ons saam plek inneem! Wie is die teenstander in my saak? Laat hy nader kom! Kyk, my Heer, die HERE, kom my te hulp. Wie is dit wat my skuldig sal verklaar? Kyk, hulle sal almal soos 'n kleed verslyt, motte sal hulle wegvreet.
JESAJA 50:7-9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want die HERE HERE sal my help; daarom sal ek nie beskaamd staan nie; Hy is naby wat my regverdig; wie sal met my stry? laat ons saamstaan: wie is my teëstander? laat hom na my toe kom. Kyk, die HERE HERE help my; wie is dit wat my sal veroordeel? kyk, hulle sal almal soos 'n kleed oud word; die mot sal hulle opvreet.
JESAJA 50:7-9 Die Boodskap (DB)
Omdat die Here my help, sal ek nie verneder word nie. Ek byt op my tande, want ek weet dat ek nie in die skande sal kom nie. Die Here is aan my kant. Hy bewys ek is reg. Wie wil my hof toe vat? Hy moet maar kom dat ons saam in die hof kan gaan staan. Wie wil regter speel oor my? Laat hy hier na my toe kom. Die Here help my. Wie sal dit waag om te sê dat ek skuldig is? Hulle sal almal verwoes word soos klere wat die motte stukkend vreet.
JESAJA 50:7-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Omdat die oppermagtige HERE my help, sal ek nie in die skande kom nie. Ek het my gesig hard soos vuurklip gemaak. Ek weet ek sal nie in die verleentheid kom nie. Hy wat my sal verdedig, is naby. Wie sal dit waag om ’n aanklag teen my te lê? Laat ons elkeen sy saak stel! Wie is my aanklaer? Laat hom vorentoe kom. Die oppermagtige HERE is aan my kant! Wie kan my skuldig verklaar? Almal wat my beskuldig, sal vergaan soos ’n kledingstuk wat deur motte gevreet is!