Jesaja 50:7-9
Jesaja 50:7-9 ABA
Ja, die Here help my, daarom kon die mense my nie verneder nie. Die Here help my, daarom het ek my gesig hard gemaak soos klip. Ek weet hulle sal my nie verneder nie. Die Here sal wys dat ek reg is en dat Hy naby my is. Wie wil my hof toe vat? Kom ons gaan saam daarnatoe. Wie wil my beskuldig? Hy moet kom en dit doen. Julle moet dit weet, die Here help my. Wie is dit wat wil sê ek is skuldig? Dit sal sleg gaan met al my vyande. Hulle sal word soos klere wanneer motte dit vreet.





