JESAJA 5:26
JESAJA 5:26 Bybel vir almal (ABA)
Hy swaai sy vlag in die lug en Hy roep 'n volk wat ver is. Hy fluit vir hulle, en hulle kom baie vinnig uit 'n ver land.
JESAJA 5:26 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Hy sal 'n banier ophef vir die nasies in die verte, en Hy fluit vir dié volk daar aan die einde van die aarde; en kyk, gou, haastig kom hulle.
JESAJA 5:26 Afrikaans 1983 (AFR83)
Uit die verte versamel Hy 'n nasie onder sy vaandel, Hy roep hulle na Hom toe uit 'n ver land. Hulle kom gou en vinnig.
JESAJA 5:26 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy hef 'n banier op vir 'n nasie wat van ver af kom, en fluit vir een aan die einde van die aarde. Kyk, hierdie nasie kom vinnig, haastig.
JESAJA 5:26 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Hy sal vir die nasies van ver 'n banier ophef en vir hulle fluit van die einde van die aarde af; en kyk, hulle sal vinnig kom.