JESAJA 48:16
JESAJA 48:16 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet nader kom en luister na wat Ek sê. Ek het dit van die begin af vir julle gesê, Ek was daar toe dit begin gebeur het.” Die Here het my gestuur, Hy het vir my en sy Gees gestuur.
JESAJA 48:16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Kom julle nader na My, hoor dit: Ek het van die begin af nie in die geheim gespreek nie; van die tyd af dat dit gebeur, is Ek daar! En nou het die Here HERE my met sy Gees gestuur.
JESAJA 48:16 Afrikaans 1983 (AFR83)
Kom nader na My toe en luister hierna: Van die begin af al het Ek niks geheim gehou nie, vandat iets begin gebeur het, is Ek nog altyd daar. En nou, die Here God het my en sy Gees gestuur.
JESAJA 48:16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Kom nader na My toe! Luister hierna: Van die begin af het Ek nie in die geheim gepraat nie, vanaf die tyd dat dit gebeur het, is Ek daar.” En nou het my Heer, die HERE, my gestuur, en ook sy Gees.
JESAJA 48:16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Kom nader na My, hoor dit; Ek het nie van die begin af in die geheim gespreek nie; vandat dit was, daar is Ek; en nou het die HERE HERE en sy Gees my gestuur.