JESAJA 48:11
JESAJA 48:11 Bybel vir almal (ABA)
Ek het dit gedoen omdat Ek die Here is. Ek sal niks laat ontwy wat aan My behoort nie, Ek gee nie vir iemand anders die eer wat Ek moet kry nie.
JESAJA 48:11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Om My ontwil, om My ontwil sal Ek dit doen — want ag, hoe is my Naam ontheilig! — en Ek sal my eer aan geen ander gee nie.
JESAJA 48:11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ter wille van Myself en daarom alleen, doen Ek dit, Ek laat my Naam nie oneer aandoen nie. Ek gee die eer wat My toekom, aan niemand anders nie.
JESAJA 48:11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ter wille van Myself, ja, ter wille van Myself tree Ek op. Want hoe sou my Naam nie ontheilig word nie! En my heerlikheid – aan geen ander sal Ek dit gee nie.
JESAJA 48:11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ter wille van my, ja, om my ontwil, sal ek dit doen; want hoe sou my naam besoedel word? en ek sal my eer aan geen ander gee nie.