JESAJA 46:3-4
JESAJA 46:3-4 Bybel vir almal (ABA)
“ Nageslag van Jakob, Israeliete wat nog lewe, luister na wat Ek sê. Ek het julle gedra vandat julle gebore is. Ook wanneer julle oud en grys is, dan sal Ek julle nog dra. Ek het julle gemaak en Ek sal julle dra, ja, Ek sal julle dra en Ek sal julle red.
JESAJA 46:3-4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Luister na My, o huis van Jakob en die hele oorblyfsel van die huis van Israel, julle wat deur My gedra is van die moederskoot af, opgeneem is van die geboorte af; en tot die ouderdom toe is Ék dieselfde, ja, tot die grysheid toe sal Ek julle dra; Ék het dit gedoen, en Ék sal julle opneem, en Ék sal dra en red.
JESAJA 46:3-4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Luister na My, nageslag van Jakob, almal wat oor is uit die nageslag van Israel, julle vir wie Ek gedra het van julle geboorte af, wat Ek vasgehou het vandat julle daar is. Ook tot in julle ouderdom is Ek die Here, tot in julle grysheid sal Ek julle dra. Ek het julle gemaak en Ek sal julle vashou, julle dra en julle red.
JESAJA 46:3-4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ Luister na My, huis van Jakob, die hele oorblyfsel van die huis van Israel, julle wat gedra is vanaf die baarmoeder, wat opgetel is van die moederskoot af. Tot in julle ouderdom is Ek daar; tot in julle gryse ouderdom is Ek die Een wat julle dra. Dit is Ek wat dit gedoen het: dit is Ek wat optel, dit is Ek wat dra en verlos.
JESAJA 46:3-4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Luister na my, o huis van Jakob, en die hele oorblyfsel van die huis van Israel, wat deur my gedra is van die maag af, wat van die moederskoot af gedra is. En tot jou ouderdom is Ek Hy; en selfs tot greshare sal Ek julle dra; Ek het gemaak, en Ek sal dra; selfs Ek sal jou dra en red.
JESAJA 46:3-4 Die Boodskap (DB)
Almal van Jakob, almal wat van Israel oor is, moet na My luister. Vandat jy gebore is, het Ek vir jou gesorg. Toe jy ’n babatjie was, het Ek jou in my arms rondgedra. Selfs al word jy oud, sal Ek nog daar wees. Ek sal vir jou sorg tot jy grys is. Ek het julle gemaak. Ek sal vir julle sorg. Ek sal julle dra en julle versorg.
JESAJA 46:3-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Luister na My, nageslag van Jakob, oorblyfsel uit die nageslag van Israel. Ek het voor geboorte vir julle gesorg en julle kleintyd vasgehou. Ek sal julle God wees deur julle hele lewe. Tot julle stokoud is, sal Ek julle dra. Ek het julle gemaak, en sal vir julle sorg. Ek sal julle ondersteun en julle red.