JESAJA 44:24-28
JESAJA 44:24-28 Afrikaans 1983 (AFR83)
So sê die Here jou Verlosser wat jou in die moederskoot gevorm het: Ek is die Here, Ek het alles geskep, Ek alleen het die hemel oopgespan, Ek het die aarde gevorm; daar was niemand by nie. Ek stel die toekomsvoorspellers aan die kaak, Ek maak die waarsêers belaglik. Ek weerlê dié geleerde mense, Ek ontmasker hulle kennis as dwaasheid. Ek bevestig die woorde van my dienaar, Ek bring wat my boodskappers aangekondig het, tot vervulling. Ek sê van Jerusalem: Hy moet weer bewoon word, en van die stede van Juda: Hulle moet weer opgebou word, en Ek self bou Jerusalem se ruïnes weer op. Ek sê vir die diep waters van Babel: Droog op! Ek sal jou riviere laat opdroog. Ek sê vir Kores: Ek het jou as herder aangestel, jy moet my wil uitvoer, jy moet van Jerusalem sê: “Hy moet weer opgebou word en die tempel moet herstel word.”
JESAJA 44:24-28 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
So sê die HERE, jou losser, Hy wat jou in die moederskoot al gevorm het: “Ek is die HERE wat alles gemaak het, wat alleen die hemel oopspan, wat die aarde uitbrei – wie was by My? – wat die voortekens van orakelpriesters verydel, wat van voorspellers gekke maak, wat wyses laat terugdeins en hulle kennis belaglik maak, wat die woord van sy dienskneg bevestig, wat die plan van sy boodskappers uitvoer, die Een wat oor Jerusalem sê, ‘Sy sal bewoon word,’ en oor die dorpe van Juda, ‘Hulle sal herbou word, Ek sal sy puinhope weer oprig,’ die Een wat vir die diepsee sê, ‘Word droog! Jou seestrome gaan Ek drooglê,’ die Een wat oor Kores sê, ‘Hy is my herder; en alles wat Ek wil, sal hy uitvoer,’ deur oor Jerusalem te sê, ‘Sy sal herbou word,’ en die •tempel – ‘sy fondament sal gelê word.’ ”
JESAJA 44:24-28 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
So sê die HERE, jou Redder wat jou in die moederskoot gevorm het: “Ek is die HERE wat alles geskep het. Ek alleen het die hemel oopgespan. Ek alleen het die aarde gevorm. Ek stel vals profete as leuenaars aan die kaak, Ek ontbloot waarsêery as gekheid, Ek onthul kennis van wyses as dwaasheid. Maar Ek bevestig die woorde van my profete en vervul die voorspellings van my boodskappers wanneer hulle van Jerusalem sê: ‘Dit sal herbou word,’ en van die stede van Juda: ‘Hulle sal opgebou word.’ Van hulle ruïnes sê Ek: ‘Ek sal hulle herstel.’ Wanneer Ek vir die see sê: ‘Droog op!’ sal dit opdroog. En wanneer Ek van Kores sê: ‘Hy sal my herder wees,’ sal hy alles doen wat Ek sê. Van Jerusalem sal hy sê: ‘Dit moet herbou word!’ Van die tempel sal hy sê: ‘Die fondamente moet herstel word.’”
JESAJA 44:24-28 Die Boodskap (DB)
Die Here wat jou vrygemaak het, wat jou van kleins af sy volk gemaak het, sê: Ek is die Here wat alles gemaak het. Ek het die blou lug daar bo oopgespan. Ek laat die aarde uitstrek na alle kante toe. Ek het dit gemaak sonder dat iemand My gehelp het. Ek wys hoe verkeerd mense is wat die toekoms voorspel. Ek maak die fortuinvertellers belaglik. Ek wys vir dié wat dink dat hulle verstandig is hoe dwaas hulle eintlik is. Ek laat dié wat dink dat hulle slim is, insien hoe dom hulle werklik is. Ek laat die dinge gebeur wat my dienaar vir julle sê nog gaan gebeur. Ek laat dit waar word wat my boodskapper vir julle gesê het. Ek sê vir julle dat daar weer mense in Jerusalem sal bly. Die dorpe in Juda sal herbou word. Ek sal die bouvalle van Jerusalem weer opbou. Ek beveel die see om droog te word en die riviere om te gaan staan. Ek beveel Kores om koning te wees. Hy moet alles laat gebeur wat Ek wil hê. Hy moet opdrag gee dat Jerusalem weer opgebou word en dat die tempel se fondament weer gelê moet word.
JESAJA 44:24-28 Bybel vir almal (ABA)
Dit is die Here wat praat. Hy het julle vrygemaak, Hy het vir julle liggame gegee voordat julle gebore is. Hy sê: “Ek is die Here, Ek het alles gemaak, Ek alleen het die hemeldak gemaak, Ek het dit styfgetrek soos 'n tent. Niemand was by My toe Ek die aarde gemaak het nie. Ek wys vir die mense dat hulle niks weet nie, die mense wat sê wat sal gebeur. Almal sal lag vir die mense wat dink hulle weet wat ander mense nie kan weet nie. Ek sê my dienaar het die waarheid gepraat, en alles sal gebeur wat my boodskappers gesê het. Ek sê vir Jerusalem: Daar sal weer mense in jou woon, en Ek sê vir die stede van Juda: Mense sal julle weer bou. Jerusalem is nou net 'n hoop klippe, maar Ek self sal Jerusalem weer bou. Ek sê vir die diep see en die riviere: Julle moet droog word. En Ek sê vir Kores hy moet my skape, my volk, oppas. Hy sal doen wat Ek wil hê hy moet doen. Hy sal vir Jerusalem sê: Die mense moet jou weer bou, en hy sal vir die tempel sê: Hulle moet jou fondamente weer bou.”
JESAJA 44:24-28 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
SO sê die Here, jou Verlosser, en Hy wat jou geformeer het van die moederskoot af: Ek is die HERE wat alles volbring, wat die hemel uitspan, Ek alleen, en wat die aarde uitsprei — wie was met My? — wat die tekens van die leuenprofete vernietig en die waarsêers tot dwase maak; wat die wyse agteruit laat wyk en hulle kennis domheid maak; wat die woord van sy kneg vervul en die voorsegging van sy boodskappers volbring; wat van Jerusalem sê: Dit moet bewoon word; en van die stede van Juda: Hulle moet herbou word, en Ek sal sy puinhope oprig; wat vir die diepte sê: Verdroog! en jou riviere sal Ek laat verdroog; wat van Kores sê: Hy is my herder, en hy sal alles volbring wat My behaag deurdat hy van Jerusalem sê: Dit moet gebou word, en die tempel moet gegrond word.
JESAJA 44:24-28 Afrikaans 1983 (AFR83)
So sê die Here jou Verlosser wat jou in die moederskoot gevorm het: Ek is die Here, Ek het alles geskep, Ek alleen het die hemel oopgespan, Ek het die aarde gevorm; daar was niemand by nie. Ek stel die toekomsvoorspellers aan die kaak, Ek maak die waarsêers belaglik. Ek weerlê dié geleerde mense, Ek ontmasker hulle kennis as dwaasheid. Ek bevestig die woorde van my dienaar, Ek bring wat my boodskappers aangekondig het, tot vervulling. Ek sê van Jerusalem: Hy moet weer bewoon word, en van die stede van Juda: Hulle moet weer opgebou word, en Ek self bou Jerusalem se ruïnes weer op. Ek sê vir die diep waters van Babel: Droog op! Ek sal jou riviere laat opdroog. Ek sê vir Kores: Ek het jou as herder aangestel, jy moet my wil uitvoer, jy moet van Jerusalem sê: “Hy moet weer opgebou word en die tempel moet herstel word.”
JESAJA 44:24-28 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
So sê die HERE, jou losser, Hy wat jou in die moederskoot al gevorm het: “Ek is die HERE wat alles gemaak het, wat alleen die hemel oopspan, wat die aarde uitbrei – wie was by My? – wat die voortekens van orakelpriesters verydel, wat van voorspellers gekke maak, wat wyses laat terugdeins en hulle kennis belaglik maak, wat die woord van sy dienskneg bevestig, wat die plan van sy boodskappers uitvoer, die Een wat oor Jerusalem sê, ‘Sy sal bewoon word,’ en oor die dorpe van Juda, ‘Hulle sal herbou word, Ek sal sy puinhope weer oprig,’ die Een wat vir die diepsee sê, ‘Word droog! Jou seestrome gaan Ek drooglê,’ die Een wat oor Kores sê, ‘Hy is my herder; en alles wat Ek wil, sal hy uitvoer,’ deur oor Jerusalem te sê, ‘Sy sal herbou word,’ en die •tempel – ‘sy fondament sal gelê word.’ ”
JESAJA 44:24-28 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
So sê die HERE, jou Verlosser, en Hy wat jou geformeer het van die moederskoot af: Ek is die HERE wat alles maak; wat die hemel alleen uitstrek; wat die aarde alleen uitbrei; wat die tekens van die leuenaars verydel en waarsêers gek maak; wat wyse manne agteruit laat gaan en hulle kennis dwaas maak; wat die woord van sy kneg bevestig en die raad van sy boodskappers uitvoer; wat vir Jerusalem sê: Jy sal bewoon word; en aan die stede van Juda: Julle sal gebou word, en Ek sal die vervalle plekke daarvan oprig. Wat vir die diepte sê: Word droog, en Ek sal jou riviere opdroog. Wat van Kores sê: Hy is my herder, en hy sal al my behae vervul, en aan Jerusalem sê: Jy sal gebou word; en na die tempel: U fondament sal gelê word.