JESAJA 41:7
JESAJA 41:7 Bybel vir almal (ABA)
Die manne wat beelde maak, sê vir mekaar: ‘Ons het goeie werk gedoen!’ En hulle maak die beeld sterk en hulle slaan die beeld vas met spykers sodat dit nie omval nie.”
JESAJA 41:7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die ambagsman het die goudsmid versterk, hy wat met die hamer plat slaan, hom wat op die aambeeld slaan, terwyl hy van die soldeersel sê: Dit is goed! Daarna slaan hy dit vas met spykers, dat dit nie wankel nie.
JESAJA 41:7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die ambagsman praat die goudsmid moed in, die een wat die metaal uitklop, praat hom wat dit aanmekaar smee, moed in. Hulle sê: “Die smeewerk is goed!” Dan slaan hulle die beeld met spykers vas dat hy nie omval nie!
JESAJA 41:7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die vakman bemoedig die smid; die een wat met 'n hamer die uitklopwerk doen, bemoedig die een wat op 'n aambeeld slaan. Hy sê van die smeewerk, ‘Dit is goed!’ Hulle slaan die beeld met spykers vas, sodat dit nie omkantel nie.
JESAJA 41:7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Daarop het die timmerman die goudsmid aangemoedig, en hy wat met die hamer gladmaak, hom wat die aambeeld geslaan het, en gesê: Dit is gereed om te smeer; en hy het dit met spykers vasgemaak, dat dit nie sou beweeg nie.
JESAJA 41:7 Die Boodskap (DB)
Die kunstenaar wat met yster werk, help die een wat met goud werk om gou ’n afgod te maak. Die een wat goud uitklop, staan by die een wat yster op die aambeeld smee. Hulle sê vir mekaar: “Ons vorder goed.” Hulle maak ’n afgodsbeeld en sit hom aanmekaar met klinknaels sodat hy nie uitmekaar kan val nie.
JESAJA 41:7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die werksmense maak gou nuwe gode. Die ambagsman jaag die goudsmid aan, en die een wat die metaal uitklop, help hom wat by die aambeeld werk. “Die smeewerk is goed!” sê hulle. Dan slaan hulle die beeld met spykers vas sodat dit nie omval nie!