JESAJA 41:23
JESAJA 41:23 Bybel vir almal (ABA)
Sê vir Ons wat later sal gebeur, sodat Ons kan weet julle is gode. Ja, doen enige iets, doen goed of doen sleg, sodat ons dit kan sien en bang kan word vir julle.
JESAJA 41:23 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Gee te kenne dinge wat later sal kom, sodat ons kan weet dat julle gode is; ja, doen goed of doen kwaad, dat ons verbaas kan staan en dit saam kan sien.
JESAJA 41:23 Afrikaans 1983 (AFR83)
Of laat ons hoor wat gaan gebeur, sê vir ons wat in die toekoms gaan plaasvind dat ons kan weet of julle gode is. Doen iets, doen goed of kwaad, dan sal ons almal verbaas staan en skrik.
JESAJA 41:23 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Lig ons in oor wat later kom, sodat ons kan weet dat julle gode is. Ja, doen iets goeds of slegs, sodat ons bevrees, ja, almal saam bang kan word.
JESAJA 41:23 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toon die dinge wat hierna kom, sodat ons kan weet dat julle gode is: ja, doen goed of doen kwaad, sodat ons verskrik kan wees en dit saam aanskou.