JESAJA 41:22
JESAJA 41:22 Bybel vir almal (ABA)
Sê vir Ons wat later sal gebeur, of sê vir Ons hoekom die dinge gebeur het wat voorheen gebeur het. Sê dit vir Ons sodat Ons daaroor kan dink en kan weet wat later sal gebeur.
JESAJA 41:22 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Laat hulle aanbring en ons te kenne gee wat gaan gebeur! Gee te kenne die vorige dinge, hoedanig hulle was, sodat ons daarop kan ag gee en van die afloop daarvan kan kennis neem. Of laat ons die toekomende dinge hoor!
JESAJA 41:22 Afrikaans 1983 (AFR83)
Kom, sê vir ons wat gaan gebeur, sê vir ons wat beteken dit wat verby is sodat ons daaroor kan nadink en kan weet waarop dit uitloop.
JESAJA 41:22 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ Laat hulle dit bring en ons inlig oor wat gebeur: Die vroeëre gebeure – wat was dit? Lig ons in, sodat ons dit ter harte kan neem, sodat ons kan weet wat die afloop daarvan was; of, die komende gebeure – laat ons hoor wat dit sal wees!
JESAJA 41:22 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Laat hulle dit uitbring en ons vertel wat sal gebeur; of maak vir ons die toekomstige dinge bekend.