JESAJA 41:17-20
JESAJA 41:17-20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Die armes en behoeftiges soek na water, maar kry niks. Hulle tonge bars van dors. Dan sal Ek, die HERE, hulle verhoor. Ek, die God van Israel, sal hulle nie verlaat nie. Ek sal riviere laat ontspring op die hoë bergpieke. Ek sal vir hulle fonteine gee in die valleie. Ek sal die woestyn in ’n poel water verander. Ek verander die droë, gebarste grond in fonteine. Ek sal bome plant in die woestyn – seders, doringbome, mirte en olyfbome. Ek laat in die droë wêreld sipresse groei, ook platane en denne. Almal sal hierdie wonderwerk sien gebeur. Hulle sal dan verstaan dat die HERE dit gedoen het. Die Heilige van Israel het dit geskep.
JESAJA 41:17-20 Die Boodskap (DB)
Wanneer Israel soos hulpelose mense verniet na water soek, wanneer hulle wil doodgaan van die dors, sal Ek, die Here, hulle gebede verhoor. Die God van Israel sal nie sy volk in die steek laat nie. Ek sal riviere tussen die droë berge deur laat loop. Ek sal fonteine onder in die laagtes laat uitborrel. Ek sal waterpanne in die woestynwêreld gee. Daar sal waterstrome deur droë gebiede vloei. Ek sal sederbome in die woestyn laat groei. Daar sal akasias, mirtebome en olyfbome staan. Waar dit heeltemal droog is, sal Ek sipresse, plataanbome en dennebome plant. Dan sal almal sien wat gebeur het. Hulle sal insien en erken dat dit die Here is wat die wonderwerk laat gebeur het. Die hoë God van Israel het die onmoontlike reggekry.
JESAJA 41:17-20 Bybel vir almal (ABA)
“Die mense wat hulleself nie kan help nie en wat arm is, soek water, maar daar is nie water nie. Hulle tonge word droog, want hulle is dors. Ek, die Here, sal vir hulle gee wat hulle vra, Ek, die God van Israel, sal hulle nie alleen los nie. Ek sal die water in riviere laat vloei en Ek sal fonteine oopmaak op die plekke waar daar nou niks plante is nie. Ek sal die droë woestyn verander in 'n plek waar daar baie water is en waar riete groei. Ek sal bome laat groei in die woestyn: sederbome, doringbome, mirteboompies en olienhout, jenewerbome, essenhoutbome en sipresbome. Dan sal die mense wat dit sien, weet dat Ek, die Here, dit gedoen het, Ek, die Heilige God van Israel.”
JESAJA 41:17-20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die ellendiges en behoeftiges soek water, maar daar is nie; hulle tong verdroog van dors; Ek, die HERE, sal hulle verhoor; Ek, die God van Israel, sal hulle nie verlaat nie. Ek sal riviere op die kaal heuwels oopmaak en fonteine in die laagtes; Ek sal die woestyn 'n waterplas maak en die dor land waterbronne. Ek sal in die woestyn gee die seder, die akasia en die mirt en die wilde-olyfboom; Ek sal in die wildernis plant die sipres, die plataan en die denneboom, dié almal; sodat hulle almal saam kan sien en beken en opmerk en verstaan dat die hand van die HERE dit gedoen het en die Heilige van Israel dit geskape het.
JESAJA 41:17-20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die hulpeloses en die armes soek water, maar daar is nie; hulle versmag van dors. Maar Ek, die Here, sal hulle gebede verhoor, Ek, die God van Israel, sal hulle nie verlaat nie. Ek sal op die kaal bergtoppe riviere laat ontspring, en in die laagtes fonteine laat uitborrel. Ek sal woestyngebied in rietvlei verander, dor land in fonteinwêreld. Ek sal in die woestyn seders laat groei, doringbome, mirte en olyfbome. Ek sal in die barre wêreld sipresse laat groei saam met platane en denne. Dan sal die mense sien en erken, almal sal begryp en insien dat die Here dit gedoen het, dat die Heilige van Israel dit geskep het.
JESAJA 41:17-20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Die magteloses en behoeftiges soek water, maar daar is niks; hulle tonge verdroog van dors. Ek, die HERE, sal hulle verhoor; Ek, die God van Israel, Ek sal hulle nie verlaat nie. Op kaal hoogtes laat Ek riviere ontspring, fonteine in die middel van valleie. Van 'n woestyn maak Ek 'n waterryke vleiland, van 'n dor land waterbronne. Ek laat in die woestyn seders, doringbome, mirtebome en wilde-olyfhoutbome opskiet; Ek plant in woestynvlaktes sipresse, en daarmee saam wildevlierbome en dennebome, sodat mense kan sien en erken, dit ter harte neem, en tegelykertyd begryp dat die hand van die HERE dit gedoen het, dat die Heilige van Israel dit geskep het.
JESAJA 41:17-20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
As die armes en behoeftiges water soek, en daar is nie, en hulle tong faal van dors, Ek, die HERE, sal hulle verhoor, Ek, die God van Israel, sal hulle nie verlaat nie. Ek sal riviere oopmaak op hoogtes en fonteine in die valleie; Ek sal die woestyn 'n waterplas maak en die droë land waterfonteine. Ek sal in die woestyn die seder, die akasiaboom en die mirt en die olieboom plant; Ek sal in die woestyn die denneboom en die denne en die buksboom saam laat sit: sodat hulle saam kan sien en weet en sien en verstaan dat die hand van die HERE dit gedoen het en die Heilige van Israel dit geskape het.