YouVersion embleem
BybelLeesplanneVideo's
Kry die toep
Taalkieser
Soek-ikoon

JESAJA 41:14

JESAJA 41:14 Bybel vir almal (ABA)

“Julle is so swak soos 'n wurm, julle is min, maar julle moenie bang wees nie, Ek help julle.” Dit sê die Here, die Heilige God van Israel.

Deel
Lees JESAJA 41

JESAJA 41:14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

Wees nie bevrees nie, wurmpie Jakob, volkie Israel! Ék help jou, spreek die HERE, en jou Losser is die Heilige van Israel.

Deel
Lees JESAJA 41

JESAJA 41:14 Afrikaans 1983 (AFR83)

Moenie bang wees nie, al is jy niks meer as 'n wurm nie, Jakob, al is jy klein, Israel. Ék help jou, sê die Here jou Verlosser, die Heilige van Israel.

Deel
Lees JESAJA 41

JESAJA 41:14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

Moenie bang wees nie, wurm Jakob, mense van Israel, Ek is die Een wat jou help!” is die uitspraak van die HERE. “Jou losser is die Heilige van Israel.

Deel
Lees JESAJA 41

JESAJA 41:14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

Wees nie bevrees nie, jy wurm Jakob, en julle manne van Israel! Ek sal jou help, spreek die HERE, en jou Verlosser, die Heilige van Israel.

Deel
Lees JESAJA 41

JESAJA 41:14 Die Boodskap (DB)

Al is jy klein, Israel, en al voel jy soos ’n wurmpie, Ek sal jou help, sê die Here. Die groot God self gaan jou red, Israel.

Deel
Lees JESAJA 41

JESAJA 41:14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Moenie bang wees nie, nietige wurmpie, Jakob! Al is jy min, Israel, sal Ek jou help, sê die HERE. Ek is die Een wat jou red, die Heilige van Israel.

Deel
Lees JESAJA 41
YouVersion

Moedig jou aan en daag jou uit om elke dag intimiteit met God op te soek.

Bediening

Iets oor ons

Loopbane

Vrywilliger

Webjoernaal

Media

Nuttige skakels

Hulp

Skenk

Bybelweergawes

Klankbybels

Bybeltale

Vers-van-die-dag


'n Digitale bediening van

Life.Church
English (US)

©2025 Life.Church / YouVersion

PrivaatheidsbeleidVoorwaardes
Program vir die openbaarmaking van kwesbaarheid
FacebookTwitterInstagramYouTubePinterest

Tuisblad

Bybel

Leesplanne

Video's