JESAJA 41:1
JESAJA 41:1 Bybel vir almal (ABA)
Die Here sê: “Al die mense wat woon in die ver lande by die see, al die volke, julle moet stilbly en julle moet luister na My! Julle moet gereedmaak en nader kom en praat. Ons moet saam praat en hoor wie is reg.
JESAJA 41:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
LUISTER in stilte na My, o eilande, en laat die volke nuwe krag kry; laat hulle aankom, laat hulle dan spreek; laat ons saam na die gereg gaan.
JESAJA 41:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
Bly stil en luister na My, eilande, maak julle gereed, volke, staan nader en stel julle saak, laat ons die saak uitmaak.
JESAJA 41:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ Luister in stilte na My, eilande! Laat die volke nuwe krag kry; laat hulle na vore tree, dan kan hulle die woord voer. Laat ons saam nader kom vir die regsgeding.
JESAJA 41:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Bly stil voor my, o eilande; en laat die volke hulle krag vernuwe; laat hulle nader kom; laat hulle dan spreek; laat ons saam nader tot die oordeel.