JESAJA 40:1-3 - Compare All Versions

JESAJA 40:1-3 ABA (Bybel vir almal)

Die profeet het gesê: “Julle moet vir my volk sê dit sal nou beter gaan, julle moet sê dit sal beter gaan.” Dit sê julle God. “Julle moet die mense van Jerusalem bly maak, julle moet vir hulle sê hulle is nou nie meer slawe nie, hulle het klaar swaargekry. Ek het hulle klaar gestraf oor al hulle sondes.” Iemand het geskree: “Julle moet in die woestyn 'n pad gereedmaak vir die Here, julle moet die pad gelykmaak vir ons God!

JESAJA 40:1-3 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

TROOS, troos my volk, sê julle God. Spreek na die hart van Jerusalem, en roep haar toe dat haar stryd verby is, dat haar skuld betaal is, dat sy uit die hand van die HERE dubbel ontvang het vir al haar sondes. 'n Stem van een wat roep: Berei in die woestyn die weg van die HERE; maak gelyk in die wildernis 'n grootpad vir onse God!

JESAJA 40:1-3 AFR83 (Afrikaans 1983)

Die uitkoms is hier! Die uitkoms is hier! Dit, sê julle God, moet julle vir my volk sê. Bring vir Jerusalem die goeie tyding, sê vir hom sy swaarkry is verby, hy het geboet vir sy sonde, hy het van die Here die volle straf ontvang vir al sy sondes. Iemand roep: “Maak vir die Here 'n pad in die woestyn, maak in die barre wêreld 'n grootpad vir ons God!

JESAJA 40:1-3 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

“Troos, troos my volk!” sê julle God. “Praat mooi met Jerusalem! Roep haar toe dat haar gedwonge arbeid voltooi is, dat haar skuld afbetaal is! Ja, sy het uit die hand van die HERE 'n dubbele straf ontvang vir al haar sondes. ” 'n Stem roep: “Maak in die woestyn die pad van die HERE gereed; maak in die Araba 'n grootpad vir ons God gelyk.

JESAJA 40:1-3 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Troos, troos my volk, spreek julle God. Spreek gerus met Jerusalem en roep tot haar dat haar stryd verby is, dat haar ongeregtigheid vergewe is; want sy het uit die hand van die HERE dubbel ontvang vir al haar sondes. Die stem van hom wat in die woestyn roep: Berei die weg van die HERE, maak reguit in die woestyn 'n grootpad vir onse God.

JESAJA 40:1-3 DB (Die Boodskap)

Julle God sê: Gaan praat my volk moed in. Gaan troos hulle. Praat mooi met die mense van Jerusalem. Sê vir hulle: Julle gaan nie aanhou swaarkry nie. Julle straf is nou verby. Julle het heeltemal klaar betaal vir alles wat julle teen die Here verkeerd gedoen het. Luister, daar is ’n stem wat uitroep: “Bou ’n pad vir die Here deur die woestyn. Maak vir ons God ’n breë, reguit pad dwarsdeur die veld.

JESAJA 40:1-3 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

“Troos, troos my volk,” sê julle God. “Praat sag met Jerusalem. Sê vir hom sy hartseerdae is verby. Sy sondes is vergewe. Die HERE het hom klaar gestraf vir al sy sondes.” Luister! Ek hoor die stem van iemand wat roep: “Bou ’n grootpad vir die HERE deur die woestyn. Maak ’n reguit pad vir ons God deur die wildernis.