JESAJA 38:20 - Compare All Versions

JESAJA 38:20 ABA (Bybel vir almal)

Here, U red my. Ons sal in die tempel op ons liere speel so lank ons lewe.

JESAJA 38:20 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Die HERE staan gereed om my te verlos; daarom sal ons op my snaarinstrumente speel al die dae van ons lewe, by die huis van die HERE.

JESAJA 38:20 AFR83 (Afrikaans 1983)

Here, U het my gered. Ons sal op ons liere speel al die dae van ons lewe, in die huis van die Here.

JESAJA 38:20 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Die HERE is daar tot my redding; ons sal my snaarinstrumente laat opklink by die huis van die HERE solank ons leef.

JESAJA 38:20 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Die HERE was gereed om my te red; daarom sal ons my liedere vir die snaarinstrumente sing al die dae van ons lewe in die huis van die HERE.

JESAJA 38:20 DB (Die Boodskap)

Here, U het my gesond gemaak. Ons sal vir die res van my lewe hierdie danklied in u tempel gaan sing terwyl ons op ons liere speel.

JESAJA 38:20 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Die HERE is my redder! Met musiekinstrumente sal ons elke dag van ons lewe u lof besing in die tempel van die HERE.