JESAJA 28:16-17
JESAJA 28:16-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Daarom sê die oppermagtige HERE: “Kyk, Ek gaan in Jerusalem ’n klip neersit, ’n granietsteen, ’n hoeksteen vir ’n vaste fondament. Elkeen wat op My vertrou, hoef nie weg te hardloop nie. Ek sal geregtigheid die maatlyn maak en reg die skietlood as norm. Die hael sal julle skuilplek van leuens laat omval, en die vloedwaters sal dit wegsleur.
JESAJA 28:16-17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daarom, so sê my Heer, die HERE: “Kyk, Ek lê 'n fondamentklip in Sion, 'n uitgesoekte klip – 'n kosbare hoeksteen as fondament gelê. Die een wat vertrou, hoef nie haastig weg te gaan nie. Ek maak die reg 'n maatlyn en geregtigheid 'n skietlood. Hael sal die skuilplek van leuens wegvee, en water sal die wegkruipplek wegspoel.
JESAJA 28:16-17 Bybel vir almal (ABA)
Daarom sê die Here nou: “Kyk, Ek sit 'n klip neer in Jerusalem. Dit is 'n klip wat die mense sal toets, dit is 'n harde hoek-klip waarop iemand 'n muur kan bou. Die mense wat in My glo, sal veilig wees. Hulle sal nie vinnig moet vlug nie. Ek sal die mense toets en Ek sal kyk of hulle reg gedoen het en reg gelewe het. Julle dink julle leuens sal julle beskerm, maar wanneer die vyande soos 'n hael-storm kom, dan sal julle sterf, daar sal niks oorbly van julle nie. Julle leuens sal julle nie beskerm nie.
JESAJA 28:16-17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
daarom, so sê die Here HERE: Kyk, Ek lê in Sion 'n grondsteen, 'n beproefde steen, 'n kosbare hoeksteen wat vas gegrondves is; hy wat glo, sal nie haastig wees nie. En Ek sal die reg tot 'n riglyn maak, en die geregtigheid tot 'n skietlood; en die hael sal die leuendak wegruk en die water die skuilplek wegspoel.
JESAJA 28:16-17 Afrikaans 1983 (AFR83)
So sê die Here my God: Ek gaan in Sion 'n klip neersit, 'n uitgesoekte klip, 'n hoekklip wat fondament aan fondament sal sluit. Wie op My vertrou, hoef nie te vlug nie. Ek maak geregtigheid die maatstaf, regverdigheid die toets. Die hael sal julle skuilplek van leuens uitwis, die water sal julle wegkruipplek wegspoel.
JESAJA 28:16-17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daarom, so sê my Heer, die HERE: “Kyk, Ek lê 'n fondamentklip in Sion, 'n uitgesoekte klip – 'n kosbare hoeksteen as fondament gelê. Die een wat vertrou, hoef nie haastig weg te gaan nie. Ek maak die reg 'n maatlyn en geregtigheid 'n skietlood. Hael sal die skuilplek van leuens wegvee, en water sal die wegkruipplek wegspoel.
JESAJA 28:16-17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Daarom, so sê die HERE HERE: Kyk, Ek lê in Sion 'n steen, 'n beproefde steen, 'n kosbare hoeksteen, 'n vaste fondament; wie glo, sal nie haastig wees nie. En Ek sal oordeel tot die meetsnoer lê en geregtigheid tot die skietlood, en die hael sal die toevlug van leuens wegvee, en die waters sal die skuilplek oorstroom.
JESAJA 28:16-17 Die Boodskap (DB)
Die Here wat oor alles regeer, het vir julle ’n boodskap: Ek lê ’n fondament in Sion en sit ’n hoeksteen van graniet daarop neer wat sterk en veilig is om op te bou. Iemand wat op die Here vertrou, hoef nie paniekerig te word en te vlug nie. Ek gaan die meetstok van reg en die waterpas van geregtigheid gebruik om julle bouwerk te toets. Julle dink julle mure is stewig, maar omdat dit op leuens gebou is, sal dit verkrummel soos wanneer ’n haelstorm deur ’n gebied trek en verwoesting saai. Omdat dit op bedrog rus, sal die vyand kom en soos ’n vloedgolf daaroor spoel.