JESAJA 26:9
JESAJA 26:9 Bybel vir almal (ABA)
Ek verlang na U met my hele hart, ook in die nag, en ek soek na U. Wanneer U die Regter is en U straf die mense, dan leer U vir hulle om reg te lewe op die aarde.
JESAJA 26:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Met my siel begeer ek U in die nag; ook met my gees in my binneste soek ek U; want as u oordele op die aarde is, leer die inwoners van die wêreld geregtigheid.
JESAJA 26:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
In die nag smag ek na U, in die môre vra ek na u wil. Wanneer U die aarde straf, leer sy inwoners wat geregtigheid is.
JESAJA 26:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Met my hele wese smag ek na U in die nag, ja, my gees in my binneste soek na U. Want wanneer u oordele die aarde tref, leer die bewoners van die wêreld wat reg is.
JESAJA 26:9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Met my siel het ek U begeer in die nag; ja, met my gees in my sal ek U vroeg soek, want as u oordele op die aarde is, sal die bewoners van die wêreld geregtigheid leer.
JESAJA 26:9 Die Boodskap (DB)
Selfs in die nag verlang ek na U. Ek kan nie wag vir die môre om te kom nie. As die wêreld na U luister, leer hulle wat regverdigheid beteken.