YouVersion embleem
BybelLeesplanneVideo's
Kry die toep
Taalkieser
Soek-ikoon

JESAJA 26:5

JESAJA 26:5 Bybel vir almal (ABA)

Die Here het ons vyande laat afval van hulle hoë mure. Hy het hulle stad en die hoë mure afgebreek tot op die grond.

Deel
Lees JESAJA 26

JESAJA 26:5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

Want Hy het die bewoners van die hoogte neergewerp, die steil vesting; Hy het dit afgegooi, afgegooi tot by die grond, dit laat kom tot in die stof.

Deel
Lees JESAJA 26

JESAJA 26:5 Afrikaans 1983 (AFR83)

Hy bring dié wat in hoë vestings woon, af grond toe, Hy gooi hulle hoë stadsmure om, Hy maak dit gelyk met die grond en laat lê dit in die stof.

Deel
Lees JESAJA 26

JESAJA 26:5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

Ja, dié wat hoog woon, die ontoeganklike stad, laat Hy tuimel. Hy haal haar neer, Hy haal haar tot die grond toe neer – Hy gooi haar neer tot in die stof.

Deel
Lees JESAJA 26

JESAJA 26:5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

Want Hy laat die wat in die hoogte woon, neerwerp; die verhewe stad, Hy lê dit neer; hy lê dit neer, tot op die grond; hy bring dit tot in die stof.

Deel
Lees JESAJA 26

JESAJA 26:5 Die Boodskap (DB)

Hy het dié wat vol van hulleself is, verneder en hulle stad se mure met die grond gelyk gemaak.

Deel
Lees JESAJA 26

JESAJA 26:5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Hy verneder die trotses, en die arrogante stad gooi Hy in die stof neer. Hy gooi die mure om!

Deel
Lees JESAJA 26
YouVersion

Moedig jou aan en daag jou uit om elke dag intimiteit met God op te soek.

Bediening

Iets oor ons

Loopbane

Vrywilliger

Webjoernaal

Media

Nuttige skakels

Hulp

Skenk

Bybelweergawes

Klankbybels

Bybeltale

Vers-van-die-dag


'n Digitale bediening van

Life.Church
English (US)

©2025 Life.Church / YouVersion

PrivaatheidsbeleidVoorwaardes
Program vir die openbaarmaking van kwesbaarheid
FacebookTwitterInstagramYouTubePinterest

Tuisblad

Bybel

Leesplanne

Video's