JESAJA 26:3-4
JESAJA 26:3-4 Die Boodskap (DB)
U, Here, gee u vrede en voorspoed vir dié wat op U vertrou en volhard in die geloof. Vertrou altyd op die Here, want Hy sal ons beskerm.
JESAJA 26:3-4 Bybel vir almal (ABA)
Hierdie volk weet dat die Here hulle sal help. U sal hulle laat rus en vrede vir hulle gee, want hulle glo in U. Julle moet altyd in die Here glo, want as julle by Hom is, dan is julle by 'n rots wat altyd vas staan.
JESAJA 26:3-4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
U sal 'n standvastige gesindheid in volle vrede bewaar, want hulle vertrou op U. Vertrou op die HERE vir ewig, want in die Here HERE is 'n ewige rots.
JESAJA 26:3-4 Afrikaans 1983 (AFR83)
en wat op Hom vertrou. Gee aan hulle vrede en voorspoed, Here, want hulle het hulle vertroue op U gestel. Vertrou altyd op die Here, want die Here God is 'n veilige toevlug.