JESAJA 26:21 - Compare All Versions
JESAJA 26:21 ABA (Bybel vir almal)
Want die Here kom uit sy woonplek, Hy sal nou die mense op die aarde straf omdat hulle baie sonde gedoen het. Die mense sal moet sê dat hulle ander mense vermoor het, hulle sal nie daaroor kan stilbly nie.
JESAJA 26:21 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Want kyk, die HERE sal uit sy plek uitgaan om die ongeregtigheid van die bewoners van die aarde oor hulle te besoek; en die aarde sal die bloed openbaar maak wat deur hom gedrink is, en die wat op hom gedood is, nie langer toedek nie.
JESAJA 26:21 AFR83 (Afrikaans 1983)
Die Here kom uit sy woonplek te voorskyn om die bewoners van die aarde te straf oor hulle ongeregtighede. Die aarde sal vertel van die bloed wat daarop vergiet is en sal nie meer die mense wat vermoor is, wegsteek nie.
JESAJA 26:21 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Want kyk, die HERE gaan uit sy woonplek kom om van die bewoners van die aarde rekenskap te eis oor sondeskuld. Die grond sal die bloed daarop onthul, en nie langer hulle wat daarop gedood is, bedek nie.
JESAJA 26:21 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want kyk, die HERE gaan uit sy plek om te besoeking oor die bewoners van die aarde oor hulle ongeregtigheid
JESAJA 26:21 DB (Die Boodskap)
Kyk, die Here kom uit die hemel uit om die mense van die aarde te straf oor hulle sonde. Dan sal niks meer geheim bly nie, elke moord wat gepleeg is, sal aan die lig kom, alles sal bekendgemaak word.
JESAJA 26:21 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Kyk, die HERE kom van die hemel af om die mense van die aarde te straf oor hulle sondes. Die aarde sal nie meer dié wegsteek wat vermoor is nie. Hulle sal uitgebring word sodat almal hulle kan sien.