JESAJA 26:2-4
JESAJA 26:2-4 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet die poorte oopmaak sodat die volk kan ingaan, die volk wat doen wat die Here wil hê, die volk wat gehoorsaam is aan Hom. Hierdie volk weet dat die Here hulle sal help. U sal hulle laat rus en vrede vir hulle gee, want hulle glo in U. Julle moet altyd in die Here glo, want as julle by Hom is, dan is julle by 'n rots wat altyd vas staan.
JESAJA 26:2-4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maak oop die poorte, dat die regverdige nasie kan ingaan wat die trou bewaar! U sal 'n standvastige gesindheid in volle vrede bewaar, want hulle vertrou op U. Vertrou op die HERE vir ewig, want in die Here HERE is 'n ewige rots.
JESAJA 26:2-4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maak oop die poorte dat die nasie wat gered is, kan ingaan, die nasie wat aan God gehoorsaam is en wat op Hom vertrou. Gee aan hulle vrede en voorspoed, Here, want hulle het hulle vertroue op U gestel. Vertrou altyd op die Here, want die Here God is 'n veilige toevlug.
JESAJA 26:2-4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maak oop die poorte, sodat 'n regverdige nasie kan ingaan, hulle wat getrou bly! 'n Standvastige gesindheid sal U in volkome vrede bewaar, omdat daar op U vertrou word. Vertrou te alle tye op die HERE, want die HERE, die HERE is 'n ewige rots.
JESAJA 26:2-4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maak die poorte oop, sodat die regverdige nasie wat die waarheid bewaar, kan ingaan. U sal hom wie se gedagtes op u vertoef, in volkome vrede bewaar, omdat hy op u vertrou. Vertrou vir ewig op die HERE, want in die HERE HERE is ewige sterkte.
JESAJA 26:2-4 Die Boodskap (DB)
Maak die hekke wyd oop sodat die volk wat verlos is, kan inkom en dié wat getrou gebly het aan die Here, mag deurstap. U, Here, gee u vrede en voorspoed vir dié wat op U vertrou en volhard in die geloof. Vertrou altyd op die Here, want Hy sal ons beskerm.
JESAJA 26:2-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Maak oop die poorte vir almal wat regverdig is. Laat die getroues binnekom. U bewaar elkeen wat op U vertrou in vrede, die mense wie se gedagtes op U gerig is. Vertrou deurgaans op die HERE, want die HERE God is vir altyd ’n veilige toevlug.