JESAJA 26:11
JESAJA 26:11 Bybel vir almal (ABA)
U het u hand opgelig om hulle te straf, maar hulle sien dit nie. Here, wys vir hulle dat U lief is vir u volk. Laat u vyande in die vuur brand wanneer U kwaad word, sodat hulle sal weet hulle kan self niks doen nie.
JESAJA 26:11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
HERE, is u hand opgehef, hulle sien dit nie; maar hulle sal dit sien en beskaamd staan; die ywer vir die volk, ook die vuur teen u teëstanders sal hulle verteer.
JESAJA 26:11 Afrikaans 1983 (AFR83)
U staan gereed om hulle te straf, Here, maar hulle steur hulle nie daaraan nie. Laat hulle ondervind dat U vir u volk opkom: laat die pogings van hierdie teëstanders van U misluk, laat vuur hulle verteer.
JESAJA 26:11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
HERE, dat u hand opgehef is, merk hulle nie op nie. Die ywer vir u volk – laat hulle dit opmerk en beskaamd staan. Laat ook die vuur, bestem vir u vyande, hulle verteer.
JESAJA 26:11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
HERE, as u hand opgehef is, sal hulle dit nie sien nie; ja, die vuur van u vyande sal hulle verteer.