JESAJA 26:1-11
JESAJA 26:1-11 Die Boodskap (DB)
In daardie tyd sal hulle hierdie lied in Juda sing: Ons stad is sterk! God self beskerm ons mure. Maak die hekke wyd oop sodat die volk wat verlos is, kan inkom en dié wat getrou gebly het aan die Here, mag deurstap. U, Here, gee u vrede en voorspoed vir dié wat op U vertrou en volhard in die geloof. Vertrou altyd op die Here, want Hy sal ons beskerm. Hy het dié wat vol van hulleself is, verneder en hulle stad se mure met die grond gelyk gemaak. Die armes en die mense wat voorheen deur hulle verneder is, loop nou daaroor en vertrap dit tot stof. Vir ’n gelowige mens is die pad nie moeilik nie, want U maak dit vir hom gelyk. Here, ons sal U volg en ons hoop in U stel. Om U te loof en prys is ons diepste hartsverlange. Selfs in die nag verlang ek na U. Ek kan nie wag vir die môre om te kom nie. As die wêreld na U luister, leer hulle wat regverdigheid beteken. As ’n mens net goed is vir iemand wat kwaad doen, leer hy nooit wat reg of verkeerd is nie. Ten spyte van ander mense se eerlikheid bly hulle oneerlik, want hulle erken nie die gesag van die Here nie. U staan reg om hulle te straf, Here, maar hulle steur hulle nie daaraan nie. Verneder hulle, Here, laat hulle voel hoe dit voel as U met al u mag op hulle afkom; dan sal hulle agterkom hoe lief U vir u volk is.
JESAJA 26:1-11 Bybel vir almal (ABA)
Eendag sal die mense van Juda hierdie lied sing in hulle land. Hulle sal sê: “Ons het 'n sterk stad. Die Here het die sterk mure gebou om ons te beskerm. Julle moet die poorte oopmaak sodat die volk kan ingaan, die volk wat doen wat die Here wil hê, die volk wat gehoorsaam is aan Hom. Hierdie volk weet dat die Here hulle sal help. U sal hulle laat rus en vrede vir hulle gee, want hulle glo in U. Julle moet altyd in die Here glo, want as julle by Hom is, dan is julle by 'n rots wat altyd vas staan. Die Here het ons vyande laat afval van hulle hoë mure. Hy het hulle stad en die hoë mure afgebreek tot op die grond. Die mense wat hulleself nie kon help nie en wat arm was, trap nou op daardie stad.” Die mense wat reg doen, se pad is gelyk. Here, U maak dit vir hulle maklik om te lewe. Ons glo altyd in U, ook wanneer U die Regter is. Ons wil altyd u Naam noem en U eer. Ek verlang na U met my hele hart, ook in die nag, en ek soek na U. Wanneer U die Regter is en U straf die mense, dan leer U vir hulle om reg te lewe op die aarde. Maar wanneer U goed is vir die mense wat verkeerd doen, dan leer hulle nie om reg te lewe nie. Hulle hou aan om verkeerd te doen en hulle sien nie dat die Here die Koning is nie. U het u hand opgelig om hulle te straf, maar hulle sien dit nie. Here, wys vir hulle dat U lief is vir u volk. Laat u vyande in die vuur brand wanneer U kwaad word, sodat hulle sal weet hulle kan self niks doen nie.
JESAJA 26:1-11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
IN dié dag sal hierdie lied gesing word in die land Juda: 'n Sterk stad het ons; God stel heil tot mure en skanse. Maak oop die poorte, dat die regverdige nasie kan ingaan wat die trou bewaar! U sal 'n standvastige gesindheid in volle vrede bewaar, want hulle vertrou op U. Vertrou op die HERE vir ewig, want in die Here HERE is 'n ewige rots. Want Hy het die bewoners van die hoogte neergewerp, die steil vesting; Hy het dit afgegooi, afgegooi tot by die grond, dit laat kom tot in die stof. Die voet vertrap dit, die voete van die ellendige, die voetstappe van die armes. Die pad van die regverdige is gelyk; U maak die spoor van die regverdige gelyk. Ook in die weg van u oordele het ons U verwag, o HERE! Tot u Naam en tot u gedenknaam gaan die begeerte van ons siel uit. Met my siel begeer ek U in die nag; ook met my gees in my binneste soek ek U; want as u oordele op die aarde is, leer die inwoners van die wêreld geregtigheid. Word aan die goddelose genade bewys, dan leer hy geen geregtigheid nie; wat onreg is, doen hy in 'n land van reg, en hy sien die hoogheid van die HERE nie. HERE, is u hand opgehef, hulle sien dit nie; maar hulle sal dit sien en beskaamd staan; die ywer vir die volk, ook die vuur teen u teëstanders sal hulle verteer.
JESAJA 26:1-11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daar kom 'n dag wanneer hierdie lied in Juda gesing sal word: Ons het 'n sterk stad, God beskerm ons met mure, met 'n vesting. Maak oop die poorte dat die nasie wat gered is, kan ingaan, die nasie wat aan God gehoorsaam is en wat op Hom vertrou. Gee aan hulle vrede en voorspoed, Here, want hulle het hulle vertroue op U gestel. Vertrou altyd op die Here, want die Here God is 'n veilige toevlug. Hy bring dié wat in hoë vestings woon, af grond toe, Hy gooi hulle hoë stadsmure om, Hy maak dit gelyk met die grond en laat lê dit in die stof. Hulle sal onder die voete vertrap word, onder die voete van onderdruktes; die armes sal op hulle trap. Die pad van die regverdige is reguit, U maak sy pad gelyk. Ook wanneer U straf, Here, vertrou ons op U. Ons wil u Naam eer en U aanroep. In die nag smag ek na U, in die môre vra ek na u wil. Wanneer U die aarde straf, leer sy inwoners wat geregtigheid is. Daar word goed gedoen aan die goddeloses, maar hulle leer nie wat geregtigheid is nie, hulle verdraai die reg en erken nie die mag van die Here nie. U staan gereed om hulle te straf, Here, maar hulle steur hulle nie daaraan nie. Laat hulle ondervind dat U vir u volk opkom: laat die pogings van hierdie teëstanders van U misluk, laat vuur hulle verteer.
JESAJA 26:1-11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Op daardie dag sal hierdie lied gesing word in die land Juda: “Ons het 'n sterk stad; God se redding is die stadsmure en verdedigingswal. Maak oop die poorte, sodat 'n regverdige nasie kan ingaan, hulle wat getrou bly! 'n Standvastige gesindheid sal U in volkome vrede bewaar, omdat daar op U vertrou word. Vertrou te alle tye op die HERE, want die HERE, die HERE is 'n ewige rots. Ja, dié wat hoog woon, die ontoeganklike stad, laat Hy tuimel. Hy haal haar neer, Hy haal haar tot die grond toe neer – Hy gooi haar neer tot in die stof. Voete vertrap haar, die voete van magteloses, die treë van armes.” Die paaie van regverdiges is gelyk; reguit is die weë van regverdiges wat U vir hulle skoonmaak. Selfs op die pad van u oordele, HERE, het ons op U gewag. U Naam, u gevierde Naam, was ons hartsverlange. Met my hele wese smag ek na U in die nag, ja, my gees in my binneste soek na U. Want wanneer u oordele die aarde tref, leer die bewoners van die wêreld wat reg is. Wanneer genade aan goddeloses bewys word, leer hulle nie wat reg is nie. In 'n land waar opregtheid heers, pleeg hulle onreg; die verhewenheid van die HERE sien hulle nie raak nie. HERE, dat u hand opgehef is, merk hulle nie op nie. Die ywer vir u volk – laat hulle dit opmerk en beskaamd staan. Laat ook die vuur, bestem vir u vyande, hulle verteer.
JESAJA 26:1-11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
In dié dag sal hierdie lied gesing word in die land van Juda; Ons het 'n sterk stad; redding sal God aanstel vir mure en skanse. Maak die poorte oop, sodat die regverdige nasie wat die waarheid bewaar, kan ingaan. U sal hom wie se gedagtes op u vertoef, in volkome vrede bewaar, omdat hy op u vertrou. Vertrou vir ewig op die HERE, want in die HERE HERE is ewige sterkte. Want Hy laat die wat in die hoogte woon, neerwerp; die verhewe stad, Hy lê dit neer; hy lê dit neer, tot op die grond; hy bring dit tot in die stof. Die voet sal dit vertrap, die voete van die armes en die voetstappe van die behoeftige. Die weg van die regverdige is opregtheid; U, die mees opregte, weeg die pad van die regverdige. Ja, in die weg van u oordele, HERE, het ons op U gewag; die begeerte van ons siel is tot u Naam en tot u gedagtenis. Met my siel het ek U begeer in die nag; ja, met my gees in my sal ek U vroeg soek, want as u oordele op die aarde is, sal die bewoners van die wêreld geregtigheid leer. Laat guns aan die goddelose bewys word, maar hy sal geregtigheid nie leer nie; in die land van opregtheid sal hy onreg doen en die majesteit van die HERE nie aanskou nie. HERE, as u hand opgehef is, sal hulle dit nie sien nie; ja, die vuur van u vyande sal hulle verteer.
JESAJA 26:1-11 Die Boodskap (DB)
In daardie tyd sal hulle hierdie lied in Juda sing: Ons stad is sterk! God self beskerm ons mure. Maak die hekke wyd oop sodat die volk wat verlos is, kan inkom en dié wat getrou gebly het aan die Here, mag deurstap. U, Here, gee u vrede en voorspoed vir dié wat op U vertrou en volhard in die geloof. Vertrou altyd op die Here, want Hy sal ons beskerm. Hy het dié wat vol van hulleself is, verneder en hulle stad se mure met die grond gelyk gemaak. Die armes en die mense wat voorheen deur hulle verneder is, loop nou daaroor en vertrap dit tot stof. Vir ’n gelowige mens is die pad nie moeilik nie, want U maak dit vir hom gelyk. Here, ons sal U volg en ons hoop in U stel. Om U te loof en prys is ons diepste hartsverlange. Selfs in die nag verlang ek na U. Ek kan nie wag vir die môre om te kom nie. As die wêreld na U luister, leer hulle wat regverdigheid beteken. As ’n mens net goed is vir iemand wat kwaad doen, leer hy nooit wat reg of verkeerd is nie. Ten spyte van ander mense se eerlikheid bly hulle oneerlik, want hulle erken nie die gesag van die Here nie. U staan reg om hulle te straf, Here, maar hulle steur hulle nie daaraan nie. Verneder hulle, Here, laat hulle voel hoe dit voel as U met al u mag op hulle afkom; dan sal hulle agterkom hoe lief U vir u volk is.
JESAJA 26:1-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Daardie dag sal almal in die land van Juda hierdie lied sing: “Ons stad is nou sterk! Ons is omring deur die mure van God se redding. Maak oop die poorte vir almal wat regverdig is. Laat die getroues binnekom. U bewaar elkeen wat op U vertrou in vrede, die mense wie se gedagtes op U gerig is. Vertrou deurgaans op die HERE, want die HERE God is vir altyd ’n veilige toevlug. Hy verneder die trotses, en die arrogante stad gooi Hy in die stof neer. Hy gooi die mure om! Die arm en verdrukte mense vertrap dit onder hulle voete. “Die pad van die regverdige is reguit. Regverdige Een, U maak die pad van die regverdige gelyk. HERE, ons doen graag wat U van ons vra. Ons enigste begeerte is om u Naam te eer. Heelnag lank soek ek na U, in die môre smag ek na U. Eers wanneer U kom om die aarde te oordeel, sal mense leer om te doen wat reg is. Uit die goedheid wat U aan die bose mense bewys, leer hulle nie wat reg is nie. Selfs waar daar reg geskied, doen hulle nog die verkeerde en steur hulle nie aan die mag van die HERE nie. O HERE, hulle luister nie wanneer U hulle dreig nie. Wys hulle dat U gretig is om u volk te beskerm. Miskien kry hulle dan skaam. Laat u vuur u vyande verteer.