JESAJA 23:11
JESAJA 23:11 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer die Here sy hand uitsteek oor die see, dan bewe die konings en hulle mense. Die Here het gesê die vyande moet die stede verwoes in die land van die Fenisiërs, die stede wat sterk mure het.
JESAJA 23:11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hy het sy hand uitgestrek oor die see, koninkryke laat sidder! Die HERE het bevel gegee met betrekking tot Kanaän, dat sy vestings verwoes moet word.
JESAJA 23:11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Here het sy hand oor die see uitgesteek en Hy skud die koninkryke. Hy het bevel gegee om Fenisië se vestingstede te vernietig.
JESAJA 23:11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Sy hand het Hy oor die see uitgestrek; Hy het koninkryke laat bewe. Die HERE self het 'n opdrag gegee oor Kanaän – dat sy vestings verdelg moet word.
JESAJA 23:11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hy het sy hand oor die see uitgesteek, die koninkryke geskud; die HERE het 'n bevel gegee aan die koopmanstad om sy vestings te vernietig.