JESAJA 15:9
JESAJA 15:9 Bybel vir almal (ABA)
Die water van Dibon is vol bloed, maar Ek, die Here, sal dit nog slegter laat gaan met die mense van Dibon. Ek sal leeus stuur om die Moabiete aan te val, die Moabiete wat nog lewe en wat oorgebly het in die land.”
JESAJA 15:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want die waters van Dimon is vol bloed; want Ek sal oor Dimon nog meer bring, 'n leeu oor dié van Moab wat ontvlug het, en oor die oorblyfsel van die land.
JESAJA 15:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die water van Dibon is vol bloed, maar Ek sal erger rampe oor hom bring, sê die Here. Ek laat dié wat uit Moab ontkom het en dié wat oor is in die land, deur leeus verskeur.
JESAJA 15:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
want die waters by Dimon is vol bloed. Tog gaan Ek Dimon verder belas – daar wag leeus vir wie vrykom van Moab, vir wie oorbly in die land.
JESAJA 15:9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want die waters van Dimon sal vol bloed wees, want Ek sal meer oor Dimon bring, leeus oor die wat uit Moab ontsnap het, en oor die oorblyfsel van die land.