JESAJA 11:13
JESAJA 11:13 Bybel vir almal (ABA)
Die mense van Efraim sal nie meer kwaad wees nie en die vyande van Juda sal sterf. Die mense van Efraim en die mense van Juda sal ook nie meer kwaad wees vir mekaar nie.
JESAJA 11:13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Dan sal die naywer van Efraim verdwyn, en die teëstanders van Juda sal uitgeroei word; Efraim sal Juda nie beny nie, en Juda sal Efraim nie benoud maak nie.
JESAJA 11:13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Efraim se naywer sal verdwyn, en Juda se teëstanders sal uitgeroei word. Efraim sal nie weer jaloers wees op Juda nie, en Juda sal nie weer vyandig wees teenoor Efraim nie.
JESAJA 11:13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die naywer van Efraim sal wyk, en die teenstanders van Juda sal uitgeroei word. Efraim sal nie afgunstig wees op Juda nie, en Juda sal nie vyandig optree teenoor Efraim nie.
JESAJA 11:13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ook die afguns van Efraim sal wyk, en die teëstanders van Juda sal uitgeroei word; Efraim sal Juda nie beny nie, en Juda sal Efraim nie kwaad maak nie.