JESAJA 11:12
JESAJA 11:12 Bybel vir almal (ABA)
Die Here sal 'n vlag ophou tussen die volke en Hy sal die mense van Israel en Juda bymekaarmaak. Die vyande het hulle weggevat en hulle oral op die aarde laat woon.
JESAJA 11:12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en Hy sal 'n banier ophef vir die nasies en bymekaar laat kom die seuns van Israel wat verdryf is, en versamel die dogters van Juda wat verstrooi is, uit die vier hoeke van die aarde.
JESAJA 11:12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Here sal 'n vaandel oprig onder die nasies en sal die ballinge van Israel bymekaarmaak, die verstrooides van Juda laat saamkom van die uithoeke van die aarde af.
JESAJA 11:12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy sal 'n banier opsteek vir die nasies; Hy sal die verstrooides van Israel versamel, en dié van Juda wat uitmekaar gejaag is, byeenbring uit die vier uithoeke van die aarde.
JESAJA 11:12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy sal 'n banier vir die nasies oprig en die verdryftes van Israel bymekaar laat kom en die verstrooides van Juda uit die vier uithoeke van die aarde bymekaarmaak.