JESAJA 10:22
JESAJA 10:22 Bybel vir almal (ABA)
Israeliete, julle was so baie soos die sand by die see, maar min van julle sal oorbly en terugkom. Die Here het besluit baie van julle moet sterf, julle straf kom soos 'n watervloed wat oor alles stroom.
JESAJA 10:22 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want al was jou volk, o Israel, soos die sand van die see, net 'n oorblyfsel van hulle sal terugkom; die verdelging is vas besluit en vloei oor van geregtigheid.
JESAJA 10:22 Afrikaans 1983 (AFR83)
Al sou jou mense, Israel, so baie wees soos die sand van die see, net 'n oorblyfsel sal na die land toe terugkom. Maar die verdelging staan vas, die vergelding kom aan soos 'n vloed
JESAJA 10:22 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ja, al was jou volk, Israel, soos die sand van die see, net 'n oorblyfsel daarvan sal terugkeer. Vernietiging is bepaal, in geregtigheid stroom dit
JESAJA 10:22 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want al was u volk Israel soos die sand van die see, tog sal 'n oorblyfsel van hulle terugkeer