HOSEA 6:10 - Compare All Versions

HOSEA 6:10 ABA (Bybel vir almal)

Die dinge wat Ek in die volk Israel sien, is baie verkeerd. Die mense van Israel is ontrou aan My, hulle het hulleself onrein gemaak.”

HOSEA 6:10 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

In die huis van Israel het Ek 'n afskuwelike ding gesien: Efraim het daar tot hoerery verval, Israel is verontreinig.

HOSEA 6:10 AFR83 (Afrikaans 1983)

Ek het iets afstootliks in die koningshuis van Israel gesien: daar vind die hoerery van Efraim plaas, daar word Israel verontreinig.

HOSEA 6:10 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

“In die huis van Israel het Ek iets afskuweliks gesien: Daar het die hoerery van Efraim plaasgevind, is Israel verontreinig.”

HOSEA 6:10 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Ek het 'n afgryslike ding in die huis van Israel gesien: daar is die hoerery van Efraim, Israel is verontreinig.

HOSEA 6:10 DB (Die Boodskap)

Ek het gesien daar gebeur iets vreeslik leliks in Israel. Ek het daar gesien hoe Efraim soos ’n slegte vrou agter ander gode aanloop. Ek het gesien hoe Israel soos ’n ontroue vrou haar man verkul.

HOSEA 6:10 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Ja, Ek het ’n afskuwelike ding in die koningshuis van Israel gesien: Deur agter ander gode aan te gaan, het Efraim se godsdienstige owerspel my volk onrein gemaak!