HOSEA 11:9
HOSEA 11:9 Bybel vir almal (ABA)
Ek is kwaad, maar Ek sal nie die mense van Efraim doodmaak nie, want Ek is God, Ek is nie 'n mens nie. Ek is die heilige God wat by jou is. Ek sal nie kwaad wees wanneer Ek kom nie.
HOSEA 11:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek sal my gloeiende toorn bedwing, Ek sal nie so ver gaan en Efraim uitwis nie, want Ek is God, nie 'n mens nie. Ek is die Heilige wat by jou is, Ek sal nie met woede ingryp nie.

HOSEA 11:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ek sal my toorngloed nie laat geld nie, Ek sal Efraim nie weer te gronde rig nie; want Ek is God en nie 'n mens nie, die Heilige in jou midde. En Ek sal nie kom in grimmigheid nie.
HOSEA 11:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek sal my gloeiende toorn bedwing, Ek sal nie so ver gaan en Efraim uitwis nie, want Ek is God, nie 'n mens nie. Ek is die Heilige wat by jou is, Ek sal nie met woede ingryp nie.
HOSEA 11:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek sal nie in my brandende toorn optree nie; Ek sal nie omdraai en Efraim vernietig nie; want Ek is God, nie 'n mens nie – die Heilige in jou midde; Ek sal nie in woede kom nie.”
HOSEA 11:9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek sal die gloed van my toorn nie laat geld nie, Ek sal nie terugkeer om Efraim te vernietig nie; want Ek is God en nie 'n mens nie; die Heilige in jou midde, en Ek sal nie in die stad ingaan nie.