HOSEA 10:15 - Compare All Versions
HOSEA 10:15 ABA (Bybel vir almal)
So sal dit ook gaan met die mense van Bet-El, want hulle het baie lelike dinge gedoen. Wanneer die dag begin, dan sal Israel nie meer 'n koning hê nie.”
HOSEA 10:15 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Net so het Bet-el aan julle gedoen weens julle ontsettende boosheid; in die môre vroeg is dit gedaan, gedaan met die koning van Israel.
HOSEA 10:15 AFR83 (Afrikaans 1983)
so sal hy met julle maak in Bet-El oor julle afskuwelike sonde. Met die eerste lig sal die koning van Israel al dood wees.
HOSEA 10:15 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
net so gaan hy met julle maak in Bet-El, oor julle verskriklike boosheid. Teen dagbreek sal die koning van Israel al heeltemal vernietig wees.”
HOSEA 10:15 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
So sal Bet-el met jou doen vanweë jou groot boosheid: in die môre sal die koning van Israel met die banvloek getref word.
HOSEA 10:15 DB (Die Boodskap)
Dit is wat met julle by Bet-El gaan gebeur. Omdat julle so baie kwaad gedoen het, gaan julle verloor. Die koning van Israel sal sommer al aan die begin van die geveg doodgemaak word.”
HOSEA 10:15 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Bet-El, weens julle groot boosheid sal dieselfde lot julle tref. Teen dagbreek sal die koning van Israel daarmee heen wees.”