HEBREËRS 7:22-25
HEBREËRS 7:22-25 Bybel vir almal (ABA)
God het dit vir Jesus belowe, daarom het Jesus die Een geword wat borg staan vir 'n beter verbond. Die ou verbond en die nuwe verbond is nie dieselfde nie: Priesters het gesterf, en daar het altyd ander priesters in hulle plek gekom. Daarom was daar baie priesters in die ou verbond. Maar Jesus lewe vir altyd, daarom hou Hy aan om 'n priester te wees. Daarom kan Jesus ook die mense heeltemal red, die mense wat Hy na God toe gelei het. Jesus kan dit doen omdat Hy vir altyd lewe om vir God te vra om hulle te help.
HEBREËRS 7:22-25 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
in sover het Jesus van 'n beter verbond borg geword. En hulle het wel priesters geword in 'n groot aantal, omdat hulle deur die dood verhinder is om aan te bly; maar Hy, omdat Hy vir ewig bly, besit 'n priesterskap wat nie op ander oorgaan nie. Daarom kan Hy ook volkome red die wat deur Hom tot God gaan, omdat Hy altyd leef om vir hulle in te tree.
HEBREËRS 7:22-25 Afrikaans 1983 (AFR83)
So het Jesus ook van 'n beter verbond borg geword. Daar is ook 'n ander verskil: omdat die dood die Levitiese priesters verhinder het om aan te bly, was daar baie wat mekaar opgevolg het. Omdat Jesus vir ewig bly, beklee Hý 'n priesterskap wat nie op 'n ander oorgedra word nie. Daarom kan Hy ook dié wat deur Hom na God gaan, eens en vir altyd verlos: Hy lewe vir altyd om vir hulle by God in te tree.
HEBREËRS 7:22-25 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daarvolgens het Jesus ook borg van 'n beter verbond geword. Boonop was daar baie ander mense wat priesters geword het, omdat die priesters deur die dood verhinder is om aan te bly; maar omdat Hy tot in ewigheid bly, besit Hy 'n priesterskap wat nie tot 'n einde kom nie. Dit is waarom Hy ook volkome in staat is om hulle wat deur Hom na God toe kom, te verlos – omdat Hy altyd leef, om ter wille van hulle in te tree.
HEBREËRS 7:22-25 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Deur soveel is Jesus verseker van 'n beter testament. En hulle was waarlik baie priesters, omdat hulle weens die dood nie toegelaat is om te bly nie; Maar hierdie man, omdat hy vir ewig aanhou, het 'n onveranderlike priesterskap. Daarom is Hy ook in staat om hulle tot die uiterste te red wat deur Hom na God toe kom, aangesien Hy altyd lewe om vir hulle in te tree.
HEBREËRS 7:22-25 Die Boodskap (DB)
Daarom kan Jesus ons waarborg dat daar nou ’n baie beter ooreenkoms tussen ons en God is. In die verlede was daar rye priesters, want soos hulle dood is, moes daar nuwe priesters aangestel word. Met Jesus is dit glad nie so nie. Hy leef vir ewig en daarom sal Hy vir altyd priester bly. Ons hoef dus nie ’n ander priester te soek nie. Juis daarom kan Hy ons saak by God regmaak wanneer ons deur Hom na God toe gaan. Hy sal altyd daar wees om ons saak by God te stel, want Hy leef vir altyd.
HEBREËRS 7:22-25 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Op grond van hierdie kragtige eed het Jesus die borg geword wat instaan vir die effektiwiteit van hierdie uitnemender verbond. Nog ’n verskil tussen Jesus en die Levitiese priesterskap is dat daar onder die ou stelsel baie priesters was. Die dood het verhinder dat iemand vir altyd kon aanbly. Maar Jesus bly priester vir altyd; sy priesterskap word nooit op iemand anders oorgedra nie. Gevolglik kan Hy hulle wat deur Hom na God toe gaan, eens en vir altyd verlos. Ja, Hy leef vir altyd om hulle saak voor God te bepleit!