Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

HEBREËRS 5:11 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

HEBREËRS 5:11 AFR83 (Afrikaans 1983)

In verband hiermee het ons baie te sê wat moeilik is om aan julle te verduidelik, aangesien julle so traag is om te leer.

HEBREËRS 5:11 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

waaroor ons veel te sê het wat swaar is om te verklaar, omdat julle traag geword het om te hoor.

HEBREËRS 5:11 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Aangaande Jesus ons Hoofpriester het ons nog baie om vir julle te sê. Dis egter moeilik om dit aan julle te verduidelik omdat julle so traag is om te leer.

HEBREËRS 5:11 DB (Die Boodskap)

Ek kan nog baie hieroor sê, maar dit is vir my moeilik om dit behoorlik by julle tuis te bring, omdat julle nie eintlik wil luister nie.

HEBREËRS 5:11 ABA (Bybel vir almal)

Ons kan baie dinge vir julle hieroor vertel. Maar dit is moeilik om dit vir julle te verduidelik, omdat julle nie gou verstaan nie.

HEBREËRS 5:11 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Hieroor het ons baie om vir julle te sê wat moeilik is om te verduidelik, aangesien julle traag geword het om te luister.

HEBREËRS 5:11 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Van wie ons baie dinge het om te sê en wat moeilik is om uit te spreek, omdat julle dof is om te hoor.