HEBREËRS 2:4
HEBREËRS 2:4 Bybel vir almal (ABA)
God het ook saam met die mense getuig toe Hy wondertekens en tekens en baie wonderwerke gedoen het. God het ook getuig toe Hy self die Heilige Gees gegee het vir mense. Hy het besluit wat Hy vir elkeen wil gee.
HEBREËRS 2:4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
terwyl God ook nog saam getuig het deur tekens en wonders en allerhande kragtige dade en bedélinge van die Heilige Gees volgens sy wil?
HEBREËRS 2:4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daarby het God ook saam getuig deur tekens en wonders en ook deur allerhande kragtige dade en gawes van die Heilige Gees, soos Hy dit toebedeel het volgens sy wil.
HEBREËRS 2:4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
terwyl God dit verder bevestig het deur tekens en wonders en allerhande kragtige dade, en deur gawes van die Heilige Gees, wat uitgedeel is soos Hy dit goedgevind het.
HEBREËRS 2:4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
wat God ook van hulle getuig, beide deur tekens en wonders en met allerhande wonders en gawes van die Heilige Gees, volgens sy eie wil?