YouVersion embleem
BybelLeesplanneVideo's
Kry die toep
Taalkieser
Soek-ikoon

HEBREËRS 12:7

HEBREËRS 12:7 Bybel vir almal (ABA)

Julle kry swaar sodat julle kan leer, daarom moet julle aanhou glo, want dit is Gód wat julle laat swaarkry omdat julle sy kinders is. Want elke pa leer vir sy kind.

Deel
Lees HEBREËRS 12

HEBREËRS 12:7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

As julle die tugtiging verdra, behandel God julle as seuns; want watter seun is daar wat die vader nie tugtig nie?

Deel
Lees HEBREËRS 12

HEBREËRS 12:7 Afrikaans 1983 (AFR83)

Verdra die tug as opvoeding, want God behandel julle as sy kinders. Is daar miskien 'n kind wat nie deur sy vader getug word nie?

Deel
Lees HEBREËRS 12

HEBREËRS 12:7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

Verdra dit as tugtiging, want God behandel julle as sy seuns. Want watter seun word nie deur sy vader getug nie?

Deel
Lees HEBREËRS 12

HEBREËRS 12:7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

As julle tugtiging verdra, behandel God met julle soos met seuns; want watter seun is dit vir wie die vader nie tugtig nie?

Deel
Lees HEBREËRS 12

HEBREËRS 12:7 Die Boodskap (DB)

Leer dan iets uit hierdie slegte dinge wat met julle gebeur, want God maak met julle soos ’n pa wat regtig vir sy kinders omgee. Watter kind word nie soms so deur sy pa gestraf nie?

Deel
Lees HEBREËRS 12

HEBREËRS 12:7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Wanneer God julle as sy kinders dissiplineer, verduur dit dan as deel van sy opvoedingsprogram. Watter kind word nie gedissiplineer nie?

Deel
Lees HEBREËRS 12
YouVersion

Moedig jou aan en daag jou uit om elke dag intimiteit met God op te soek.

Bediening

Iets oor ons

Loopbane

Vrywilliger

Webjoernaal

Media

Nuttige skakels

Hulp

Skenk

Bybelweergawes

Klankbybels

Bybeltale

Vers-van-die-dag


'n Digitale bediening van

Life.Church
English (US)

©2025 Life.Church / YouVersion

PrivaatheidsbeleidVoorwaardes
Program vir die openbaarmaking van kwesbaarheid
FacebookTwitterInstagramYouTubePinterest

Tuisblad

Bybel

Leesplanne

Video's