HEBREËRS 12:17
HEBREËRS 12:17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Julle weet immers dat, toe hy hierna die seën wou beërf, hy afgewys is, want hy kon nie 'n weg vind tot gesindheidsverandering nie – alhoewel hy dit met trane gesoek het.
HEBREËRS 12:17 Bybel vir almal (ABA)
Want julle weet ook dat Esau later wou hê dat sy pa hom moet seën, maar Isak kon toe nie vir hom seën nie. Esau het gehuil en gesoebat dat sy pa hom moet seën, maar dit was te laat, hy kon nie regmaak wat hy verkeerd gedoen het nie.
HEBREËRS 12:17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want julle weet dat hy, toe hy ook later die seën wou beërwe, verwerp is, want hy het geen geleentheid vir berou gevind nie, al het hy dit met trane vurig begeer.
HEBREËRS 12:17 Afrikaans 1983 (AFR83)
Julle weet dat hy verwerp is toe hy daarna die seën wou verkry. Daar was vir hom geen moontlikheid om die saak reg te stel nie, al het hy met trane daarna gesoek.
HEBREËRS 12:17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want julle weet dat hy daarna, toe hy die seën sou beërf, verwerp is, want hy het geen plek van bekering gevind nie, al het hy dit met trane sorgvuldig gesoek.