HEBREËRS 12:16-17
HEBREËRS 12:16-17 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet ook oppas dat niemand soos Esau lewe nie. Hy het onsedelik gelewe en hy het gelewe soos 'n mens wat niks van God wil weet nie. Ja, Esau het vir een ete sy regte van die oudste seun verkoop. Want julle weet ook dat Esau later wou hê dat sy pa hom moet seën, maar Isak kon toe nie vir hom seën nie. Esau het gehuil en gesoebat dat sy pa hom moet seën, maar dit was te laat, hy kon nie regmaak wat hy verkeerd gedoen het nie.
HEBREËRS 12:16-17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Laat niemand 'n hoereerder wees nie, of 'n onheilige soos Esau, wat vir één spysgereg sy eersgeboortereg verkoop het. Want julle weet dat hy, toe hy ook later die seën wou beërwe, verwerp is, want hy het geen geleentheid vir berou gevind nie, al het hy dit met trane vurig begeer.
HEBREËRS 12:16-17 Afrikaans 1983 (AFR83)
Sorg ook dat niemand sedeloos en goddeloos lewe nie, soos Esau wat vir een maaltyd sy eersgeboortereg verkoop het. Julle weet dat hy verwerp is toe hy daarna die seën wou verkry. Daar was vir hom geen moontlikheid om die saak reg te stel nie, al het hy met trane daarna gesoek.
HEBREËRS 12:16-17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
ook dat niemand sedeloos of goddeloos optree, soos Esau nie – hy wat vir een maaltyd sy eersgeboortereg prysgegee het. Julle weet immers dat, toe hy hierna die seën wou beërf, hy afgewys is, want hy kon nie 'n weg vind tot gesindheidsverandering nie – alhoewel hy dit met trane gesoek het.
HEBREËRS 12:16-17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Dat daar geen hoereerder of goddelose mens wees soos Esau nie, wat vir een stukkie vleis sy eersgeboortereg verkoop het. Want julle weet dat hy daarna, toe hy die seën sou beërf, verwerp is, want hy het geen plek van bekering gevind nie, al het hy dit met trane sorgvuldig gesoek.
HEBREËRS 12:16-17 Die Boodskap (DB)
Sorg dat niemand seksueel verkeerde dinge doen of hulle rug vir God draai soos Esau gedoen het nie. Hy het mos sy reg as oudste seun en erfgenaam sommer vir ’n bord sop verruil. Julle onthou ook mos wat toe gebeur het. Later wou hy sy reg as oudste seun terughê en hy het verwag dat sy pa vir die Here moes vra om dit te doen. Maar die Here wou nie. Al het hy lang trane gehuil, kon hy niks aan die situasie verander nie.
HEBREËRS 12:16-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Sorg dat niemand onder julle seksueel sondig of goddeloos optree soos Esau wat sy eersgeboortereg vir ’n skamele ete verkwansel het nie. Julle weet hoe hy later, toe hy die seën wou hê, weggewys is. Dit was te laat vir egte berou. Selfs sy trane kon dit nie meer moontlik maak nie.