Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

HEBREËRS 11:19 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

HEBREËRS 11:19 AFR83 (Afrikaans 1983)

Hy was daarvan oortuig dat God by magte is om uit die dood op te wek, waaruit Abraham vir Isak ook, om dit so te stel, terug ontvang het.

HEBREËRS 11:19 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

daaruit het hy hom ook, om so te spreek, terug ontvang.

HEBREËRS 11:19 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Hy het daarop gereken dat God sy kind selfs uit die dood sou kon opwek. En in ’n sekere sin hét hy hom ook uit die dood terugontvang.

HEBREËRS 11:19 DB (Die Boodskap)

Dit het nie vir Abraham logies geklink nie, maar hy het God vertrou. Hy het geredeneer dat God Isak weer lewendig sou maak, want Hy kan dit doen. Eintlik kan ’n mens dus sê dat Abraham wel vir Isak doodgemaak het en dat hy sy seun weer uit die dood teruggekry het.

HEBREËRS 11:19 ABA (Bybel vir almal)

Abraham het gedink dat God mense wat dood is, weer kan laat lewe, en daarom het hy vir Isak teruggekry. Dit is 'n voorbeeld wat wys hoe God mense wat dood is, weer sal laat lewe.

HEBREËRS 11:19 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

– omdat hy gereken het dat God die mag het om ook uit die dood op te wek, waaruit hy, figuurlik gesproke, hom ook terugontvang het.

HEBREËRS 11:19 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Aangesien God in staat was om hom uit die dode op te wek; vanwaar Hy hom ook in gestalte ontvang het.