HEBREËRS 11:15
HEBREËRS 11:15 Bybel vir almal (ABA)
Want as dit waar is dat hulle aangehou het om te dink aan daardie land waaruit hulle weggetrek het, dan sou hulle kon teruggaan daarnatoe.
HEBREËRS 11:15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En as hulle bly dink het aan dié vaderland waaruit hulle weggetrek het, sou hulle geleentheid gehad het om terug te keer.
HEBREËRS 11:15 Afrikaans 1983 (AFR83)
As hulle terug verlang het na daardie land waaruit hulle weggetrek het, sou hulle die geleentheid gehad het om daarheen terug te gaan.
HEBREËRS 11:15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En as hulle nog aanhou dink het aan daardie land waaruit hulle weggetrek het, sou hulle geleentheid gehad het om terug te keer
HEBREËRS 11:15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En waarlik, as hulle gedagtig was aan daardie land waaruit hulle uitgekom het, sou hulle dalk die geleentheid gehad het om terug te keer.