HEBREËRS 11:13
HEBREËRS 11:13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Terwyl hulle nog steeds geglo het, het hulle almal gesterf sonder om die vervulling van God se belofte te beleef. Hulle het dit egter in die verte gesien en begroet, en erken dat hulle hier net vreemdelinge en bywoners is.
HEBREËRS 11:13 Bybel vir almal (ABA)
Al hierdie mense wat in God geglo het, het gesterf, en hulle het nie gekry wat God vir hulle belowe het nie. Maar lank voordat hierdie dinge sou gebeur, het hulle dit gesien en hulle was bly oor hierdie dinge. Hulle was nie bang om te sê dat hulle vreemdelinge is in hierdie wêreld nie, hulle was mense wat nie altyd hier woon nie.
HEBREËRS 11:13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
In die geloof het hulle almal gesterwe sonder om die beloftes te verkry, maar hulle het dit uit die verte gesien en geglo en begroet, en het bely dat hulle vreemdelinge en bywoners op aarde was.
HEBREËRS 11:13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Terwyl hulle steeds geglo het, het al hierdie mense gesterwe sonder om te verkry wat beloof is, maar hulle het dit uit die verte gesien en daaroor gejuig, en hulle het erken dat hulle hier op aarde slegs vreemdelinge en bywoners is.
HEBREËRS 11:13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Al hierdie mense het in geloof gesterf sonder om die beloftes te ontvang, maar hulle het dit van ver af gesien en verwelkom, en bely dat hulle uitlanders en vreemdelinge op die aarde is.
HEBREËRS 11:13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hulle het almal in die geloof gesterwe sonder om die beloftes te ontvang, maar hulle het dit van ver af gesien en daarvan oortuig en omhels en bely dat hulle vreemdelinge en pelgrims op die aarde was.
HEBREËRS 11:13 Die Boodskap (DB)
Abraham, Isak en Jakob het in hulle leeftyd nog nie alles gekry wat God beloof het nie. Nogtans het hulle op God bly vertrou tot hulle dood. Soos mense wat in die toekoms kon inkyk, het hulle gesien wat God alles nog sou doen en hulle was baie bly daaroor. Hulle het besef dat hierdie wêreld eintlik nie hulle regte blyplek is nie. Hulle was maar net tydelik hier.