HEBREËRS 11:12
HEBREËRS 11:12 Bybel vir almal (ABA)
en daarom het hierdie één man 'n groot nageslag gehad. Hy was naby die dood, maar sy nageslag was so baie soos die sterre in die lug en so baie soos die sand langs die see, 'n mens kan dit nie tel nie.
HEBREËRS 11:12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarom is daar ook gebore uit een vader, en dit 'n verstorwene, kinders soos sterre van die hemel in menigte en soos die sand aan die strand van die see, wat ontelbaar is.
HEBREËRS 11:12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die gevolg was dat daar van een man, 'n man wat nie meer 'n kind kon verwek nie, kinders afgestam het so talryk soos die sterre van die hemelruim en so baie soos die sand van die see.
HEBREËRS 11:12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daarom is daar uit een man, wat so te sê dood was, 'n nageslag gebore, in getal so veel soos die sterre van die hemel, en soos die ontelbare sandkorrels op die strand langs die see.
HEBREËRS 11:12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Daarom het daar selfs uit een ontstaan, en hy so goed as dood, soveel soos die sterre van die hemel in menigte, en soos die sand wat by die seestrand is, ontelbaar.